Skoonheidstories

Nuwe trend: Baie Hollywood-bekendes dra nou hul hare só

Kan dit wees dat golwende krulle se oomblik in die kollig verby is? Dit lyk asof super-reguit, gladgestrykte hare nou weer gewild word. Die afgelope paar maande het talle bekendes soos Kim Kardashian, Chrissy Teigen, Penélope Cruz en Jessica Alba met blink, gladgestrykte hare gepronk. Ook tydens die naweek se Amerikaanse Musiektoekennings was blink, gladde hare ’n groot trend op die rooi tapyt. En ons vermoed dat dit in die komende maande nóg groter gaan word.

Die model Chrissy Teigen het Sondagaand by die Amerikaanse Musiektoekennings met gladgestrykte kapsel gespog.

 

Dis veral goeie nuus vir dié van ons met ’n natuurlike reguit en/of fyn haartekstuur wat alewig sukkel om volume en tekstuur in ons hare te skep. Hare wat glad gestryk is, blink en lyk sjiek en gesofistikeerd. Dié styl hoef boonop nie vervelig te wees nie!

Skep só super-reguit hare:

* As jy  jou hare gewas het, maak seker dis heeltemal droog voordat jy dit begin glad stryk.

* Wend ook áltyd vooraf ’n hittebeskermingsproduk aan.

* Borsel dan ’n paar keer deur jou hare om seker te maak daar is nie enige koeke in nie en om die hittestileringsproduk deur jou hare te versprei.

* Kies stileerders met keramiekysters omdat dié ysters hitte beter versprei en so keer dat jou hare oneweredig met hitte beskadig word.

* Werk in klein seksies. Stryk eers jou onderste hare glad en daarna die hare bo jou kop by jou kroon.

* Moenie jou haaryster meer as twee of drie keer oor ’n seksie hare stryk nie. As die hare nog nie glad is nie, verdeel dit in ’n nóg kleiner seksie.

* Vryf ná die tyd ’n haarolie deur jou hare. Dit voed droë hare, maak dit mooi glad en gee glans.

Sinfully sleek Get the Straight & Narrow look… Link in bio for full how-to video. #MostWanted #ghdplatinum #ghdhair

A video posted by ghd_southafrica (@ghd_southafrica) on

Dié bekendes wys reguit hare hoef nie vervelig te wees nie:

Gwyneth Paltrow Gladde hare met ’n middelpaadjie is klassiek en altyd in die mode.

Of maak dit vas in ’n sjiek lae poniestert.

 

I don’t pop I rock @tomford @amfar #amfARinspiration

 

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

 

Alicia Vikander

Steek dit agter jou ore vir ’n effense onsimmetriese voorkoms.

 

Julianne Hough

 

Penélope Cruz

Dra jou hare reguit met ’n diep kantpaadjie.

 

Jessica Alba

Gladde hare met stompgesnyde punte is ook nou hoogmode.

 

Michelle Williams

Gee jou reguit hare volume met ’n kuif.

 

Sandra Bullock

 

Versorg jou reguit hare met dié produkte:

L’Oréal Paris Elvive Keratin Straight 72H Shampoo (R70)

Mikro-keratienmolekules bedek jou haarkutikel (die buitenste deel) sodat jou hare glad en sonder kroeserigheid is

L’Oréal Paris Elvive Keratin Straight 72H Conditioner (R70)

Dove Nutritive Solutions Intensive Repair Treatment Mask (R70)

Die nuwe formule van die haarmasker bevat keratien om beskadigde hare te voed en versterk

Marc Anthony Regenerating 12 Second Miracle Daily Leave-In Conditioning Treatment (R170)

Die stamselle van appels word in die produk ingespan om hare teen buitefaktore te beskerm. Spuit dit aan jou hare voor jy ’n hittetoestel gebruik. By Dis-Chem

Hask Argan Oil From Morocco Healing Shine Hair Treatment (R55)

’n Haarolie help om die haaroppervlak te seël en sorg vir glansende hare. By Clicks

Lee Stafford Poker Straight Flat Iron Protection Shine Mist (R110)

Spuit dié produk vóór en ná stilering aan jou hare om jou gladde styl af te rond en glans te gee. By Clicks

ghd Platinum (R2 899)

Die temperatuur van ghd se haarysters bly konstant sodat jou hare minimaal beskadig word wanneer jy dit krul of stryk. By uitsoeksalonne

Lees nou

3 mooiste maniere met oogomlyner

Nuwe trend: Blinkers in jou haarpaadjie!