Skoonheidstories

Bang vir haarverlies? Koffie is jou antwoord

Jou hare is jou kroon en wanneer dit oormatig uitval, kan jy depressief en vol angs raak. Maar het jy geweet die oplossing lê dalk in koffie?

In SA is abnormale haarverlies ’n probleem vir sowat ’n derde van vroue bo 30, volgens ’n opname deur die navorsingsmaatskappy Plus 94 Research. Genetika, spanning, hormoonwanbalanse en ’n uitermate streng dieet kan alles tot die probleem bydra, volgens dr. Adolf Klenk, ’n Duitse haarsorgkenner wat SA vroeër vanjaar besoek het.

 

Kafeïen gee hare energie

“Jou haarwortels het baie energie nodig vir jou hare om doeltreffend te groei. Streng diëte kan veroorsaak dat te min voedingstowwe die haarwortels bereik. Tesame met spanning kan dit tot bros hare en voortydige haarverlies lei,” sê hy.

Dís waar haarsorgprodukte met kafeïen ’n verskil maak. Die kafeïen penetreer diep binne die haarwortel waar dit energie lewer en so gesonde haargroei stimuleer en help om haarverlies te voorkom, sê dr. Klenk. Dis egter belangrik om haarsorgprodukte wat kafeïen bevat te begin gebruik sodra jy oormatige haarverlies vermoed. Dit help dat jou haarwortels gesond en aktief bly. As ’n haarwortel eers dood is, kan dit nie weer vernuwe word nie, sê dr. Klenk.

Het jy geweet?

Om daagliks sowat 50 tot 60 hare te verloor, is normaal, sê dr. Klenk. As jy meer as 100 hare per dag verloor, moet jy die probleem aanspreek.

Sukkel jy met oormatige haarverlies?

  • JA
  • NEE

 

Probeer dié produkte vir haarverlies:

Plantur 39 Phyto-Caffeine Shampoo (R165) en Conditioner (R145)

Die sjampoe en opknapper is deur dr. Adolf Klenk ontwikkel. Masseer die sjampoe. Beskikbaar by Dis-Chem en Clicks

OGX Niacin3 & Caffeine Shampoo & Conditioner (R170 elk)

Alfahidroksisure in die reeks, wat bestaan uit ’n sjampoe, opknapper en sproei wat jy teenaan jou haarwortels spuit, skilfer jou kopvel af om van enige hardnekkige vuilheid ontslae te raak. Niasien en kafeïen stimuleer die bloedsirkulasie sodat jou hare gesonder en sterker uitgroei. Beskikbaar by Dis-Chem en Foschini

Nioxin Diaboost Thickening Xtrafusion Treatment (R824)

’n Kombinasie van onder meer niasienamied en kafeïen in die aanbly-behandeling bevorder haargroei en pof elke haartjie uit sodat jou hare voller lyk. Besoek www.modernhairbeauty.com.

Bykomende bronne: www.dailymail.co.uk, www.news.com.au

Lees nou

Nóg truuks om yl hare voller te laat lyk

VIDEO: Voed jou hare van binne met dié wenke