Skoonheidstories

Behandel só donker vlekke en pigmentasie

Pigmentasie is een van Suid-Afrikaanse vroue se grootste velbekommernisse. Ja, dis lankal nie net meer lyntjies en plooie wat jou ouer laat lyk nie. Kenners meen ’n onegalige velkleur kan tot tien jaar by jou ouderdom voeg! Gelukkig is daar ’n doeltreffende plan van aksie om donker vlekke te behandel.

Met die regte kombinasie van behandelings en velsorgprodukte kan jy ’n helderder en jonger vel bereik.

Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg, sê dié drie stappe is die beste manier om pigmentasie te behandel:

• Voorkom dat verdere vlekke vorm deur daagliks ’n goeie sonskerm te gebruik.

• Gaan vir behandelings by salonne of estetiese klinieke wat help om bestaande vlekke te verbeter.

• Gebruik die regte tuisprodukte tussen die behandelings deur om pigmentasie verder te beveg.

We’re sure Shakespeare would have agreed. #Shakespeare400 #KnowYourSkin #Eucerin

A photo posted by Eucerin UK (@eucerin_uk) on

 

Probeer dié behandelings:

Professionele salonbehandelings soos laser en chemiese afskilfering (peels) kan pigmentasie verminder.

Met ’n laserbehandeling word ’n laserstraal na die donker pigment aangetrek waar dit die vlek vernietig.

Met ’n chemiese afskilferingsbehandeling word ’n produk wat sure bevat vir ’n kort rukkie op jou gesig gesmeer om ’n aantal lae van jou vel te verwyder. Soos wat die behandelings jou vel afskilfer, word die pigmentasie-vlekke oor tyd “weggeskaaf” en lyk dit ligter.

’n Ligte afskilferingsbehandeling (wat net die heel boonste laag van jou vel verwyder) sal skaars enige rooiheid veroorsaak en jou vel sal ook nie afskilfer nie. Met ’n dieper afskilferingsbehandeling is jou vel vir ’n ruk daarna rooi, geïrriteerd en sensitief en dit gaan afskilfer. Jy kry egter vinniger resultate met ’n dieper afskilferingsbehandeling.

Dié ligte chemiese afskilferingsbehandelings is deur Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur, getoets en goedgekeur:

Dermalogica BioSurface Peel: Perfek as jy nog nooit vir ’n afskilferingsbehandeling gegaan het nie. ’n Kombinasie van sure en vrugte-ensieme word gebruik om jou vel af te skilfer. Die terapeut hou jou vel deurlopend dop en neutraliseer die produk sodra jou vel te rooi word. My vel was glad nie sensitief ná die behandeling nie. Beskikbaar by uitsoeksalonne. Prys: Sowat R690

Optiphi Skin Rejuvenation Glycolic Peel: Slegs glikoliese suur (glycolic acid) word tydens dié behandeling gebruik. Glikoliese suur se molekules is klein en penetreer jou vel maklik. Dit help om vog in jou vel te behou en stimuleer die vervaardiging van kollageen. Ek het ook geen sensitiwiteit of rooiheid ervaar nie en my vel het ’n paar dae ná die behandeling glad en soepel gelyk. Beskikbaar by uitsoeksalonne en -spa’s. Prys: Vanaf R500

Dermaceutic Milk Peel Treatment: Melksuur (lactic acid), glikoliese suur en salisielsuur word tydens dié behandeling gebruik. Salisielsuur is anti-inflammatories en melksuur help om die vorming van nuwe vlekke te voorkom. Ek kon voel dié behandeling het bietjie dieper in my vel gewerk as die ander twee. My vel was vir so twee dae daarna effens styf en sensitief. Maar ek het net baie vogroom aangewend en ’n paar dae ná die behandeling was my vel stralend. Beskikbaar by estetiese klinieke en dokterspreekkamers. Prys: Vanaf R550

Daar is verskeie produkte en reekse op die rak wat spesiaal geformuleer is om donker vlekke te behandel. Probeer een van dié:  

Estée Lauder Enlighten

Estée Lauder Enlighten Dark Spot Correcting Night Serum (R800 vir 30 ml) verminder snags skade wat faktore soos UV-strale, vry radikale en besoedeling deur die dag aan jou vel aanrig (wat lei tot donker vlekke).

Clarins Bright Plus HP

Die dagroom, Clarins Bright Plus HP Intensive Brightening Hydrating Day Lotion SPF 20 (R630 vir 50 ml), beskerm daagliks jou vel teen die son, terwyl die nagroom, Bright Plus HP Brightening Repairing Night Cream (R650 vir 50 ml, foto), jou vel snags bevog, herstel en melanienvervaardiging vertraag.

Clinique Even Better

Dié getroue reeks, spesifiek ontwikkel om pigmentasie te behandel, bevat ’n hele paar produkte. Die sonskerm, Clinique Even Better Dark Spot Defense SPF 45 (R590), beskerm jou vel teen die son om donker vlekke te voorkom.

Eucerin Even Brighter

Eucerin se Even Brighter-produkreeks werk saam om melanienvervaardiging te reguleer en om jou vel te beskerm teen omgewingsfaktore. Wend die Even Brighter Spot Corrector (R207) regstreeks op donker vlekke aan.

Vitamien C

Vitamien C is ’n kragtige antioksidant om donker vlekke te vervaag. Dit help om jou vel te verhelder deur vry radikale te verminder. Dit stimuleer ook die vervaardiging van kollageen sodat jou vel plomper lyk. Wend die luukse serum Babor Doctor Babor Derma Celullar Ultimate Vitamin C Booster Concentrate (R1 922) soggens vóór jou vogroom en sonskerm aan. By uitsoeksalonne

Sukkel jy met donker vlekke en pigmentasie?

  • JA
  • NEE

 

 

How did you #StartBetter today?

 

A photo posted by Clinique (@clinique) on

*Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se Junie 2015 uitgawe verskyn.

Lees nou

Sal jý Kim K se vampire facial probeer?

5 dinge wat jy van hondsdolheid moet weet