Skoonheidstories

Behandel pigmentasie en donker vlekke só

Pigmentasie is een van Suid-Afrikaanse vroue se grootste velbekommernisse, maar met die regte velsorgplan is dit tog moontlik om donker vlekke te takel. Hiér deel Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg, raad om donker vlekke te behandel.

VIDEO: Robbie Kruse se troue

Wat is pigmentasie?

Die bruin oneweredige vlekke is die gevolg van klein tentakelagtige selle (melanosiete) aan die onderkant van jou vel se epidermis, wat ’n donker pigment, melanien, afskei. Soms, weens verskillene faktore soos te veel sonblootstelling, hormone of spanning, word hierdie selle oorstimuleer en vervaardig dit meer melanien as normaalweg. Soos wat die pigment na jou veloppervlak beweeg, word donker vlekke sigbaar.

Behandel dit só:

’n Goeie sonskerm daagliks voorkom verdere vlekke, behandelings by salonne of estetiese klinieke help om bestaande vlekke te verbeter en die regte tuisprodukte tussen behandelings beveg verdere pigmentasie, sê Sonette. Probeer een van dié velsorgprodukte wat spesiaal geformuleer is om donker vlekke te behandel.

Clarins Bright Plus HP

’n Serum en dag- en nagroom maak deel uit van dié reeks. Die serum bevat bestanddele wat melanien verminder en die tekstuur van jou vel verbeter. Die dagroom beskerm verder daagliks jou vel teen die son, terwyl die nagroom jou vel snags bevog, herstel en melanienvervaardiging vertraag.

Clarins Bright Plus HP Intensive Brightening Smoothing Serum (R605 vir 30 ml), Bright Plus HP Brightening Hydrating Day Lotion SPF 20 (R595 vir 50 ml) en Bright Plus HP Brightening Repairing Night Cream (R600 vir 50 ml)

Estée Lauder Enlighten

Dié reeks bestaan uit ’n nagserum en ’n vogroom. Die serum verminder snags skade wat faktore soos UV-strale en besoedeling deur die dag aan jou vel aanrig (wat lei tot donker vlekke). En die vogroom kalmeer jou vel dag en nag.

Estée Lauder Enlighten Dark Spot Correcting Night Serum (R720 vir 30 ml) en Enlighten Even Skintone Correcting Creme (R695 vir 50 ml)

L’Oréal Revitalift Laser Renew Anti-Dark Spots

Dié kragtige afskilferaar-en-vogroom-duo werk donker vlekke teen én behandel fyn lyntjies en plooie. Die ligter afskilferaar skilfer jou vel snags af sodat dit gladder lyk, terwyl die vogroom bestanddele bevat wat pigmentasie verminder en jou vel teen UV-strale beskerm.

L’Oréal Revitalift Laser Renew Anti-Dark Spots Night Peeling Lotion (R230) en Revitalift Laser Renew Anti-Dark Spots Global Care SPF 25 (R230)

Clinque Even Better

Dié getroue reeks, spesifiek ontwikkel om pigmentasie te behandel, bevat ’n hele paar produkte, insluitende ’n handeroom en oogroom. Die sonskerm, Even Better Dark Spot Defense SPF 45 (R455), beskerm jou vel teen die son om donker vlekke te voorkom.

Dermalogica PowerBright

Dié nuwe reeks takel pigmentasie met drie produkte – ’n sonskerm wat vel teen UV-strale beskerm, en ’n serum en nagrom wat melanienvervaardiging teenwerk.

Dermalogica PowerBright TRx Pure Light SPF 50 (R895 vir 50 ml), PowerBright TRx C-12 Pure Bright Serum (R1 200) en PowerBright TRx Pure Night (R1 080)

Eucerin Even Brighter

Die drie produkte in die reeks werk almal saam om melanienvervaardiging te reguleer en om jou vel te beskerm teen omgewingsfaktore. Gebruik Even Brighter Day Cream (R260) in die dag en Even Brighter Night Cream (R260) snags. Wend die Even Brighter Spot Corrector (R170) direk op donker vlekke aan.

Ondersteun jy die Springbokke met jou hele hart?

Dié inligting kom uit die Junie 2015-uitgawe van SARIE. Dié uitgawe is nie meer beskikbaar nie, maar kan steeds HIER digitaal afgelaai word.