Skoonheidstories

Bekende parfumeur oor haar nuutste skepping: Modern Muse

Dis ’n geur geskep om te inspireer. Daarom is die naam met sorg gekies – dit dui op die muses in die Grieksemitologie wat musiek, kuns en literatuur geïnspireer het. Maar Estée Lauder het ook ’n ander soort muse in gedagte gehad toe dié nuwe parfuum, Modern Muse (R895 vir 50 ml EDP), ontwikkel is: die moderne vrou en haar uiteenlopende fasette – aan die een kant sterk en gefokus, aan die ander kant sag en vroulik.
Karyn Khoury, Estée Lauder se bekende “neus”, en meesterparfumeur Harry Frémont het ’n geur geskep wat dié kleurryke vrou weerspieël.

Die gesig
Toevallig is die gesig van Modern Muse ook ’n “Muse”. Die Amerikaanse model Arizona Muse verskyn in dié parfuum se advertensieveldtog. In die advertensie dra sy ’n vlootblou rok, versier met agt strikke. Saam met die “strik” van die parfuumbottel verteenwoordig dit die nege muses in die Griekse mitologie.

Modern Muse Model Shot_Expires Dec2013Unieke samestelling
Om die twee teenstellende kante van Modern Muse vas te vang het die parfumeurs weggebreek van die tradisionele parfuum-struktuur met sy top-, hart- en basisnote en eerder twee ster-akkoorde geskep. Vir die sprankelende blom-akkoord, wat vroulikheid verteenwoordig, is twee soorte jasmyn saam met note soos nartjie, soetemaling en lelie ingespan. ’n Sensuele hout-akkoord met twee soorte patsjoelie, muskus en vanielje stel aan die ander kant die krag van ’n vrou voor. Proef ná proef is gedoen om die perfekte balans tussen die blom- en hout-akkoorde te verkry.

muse_ingredients_imagesBottel
Die vlootblou “strik” wat die parfuumbottel versier is geïnspireer deur die goue strikkie van Estée Lauder se eerste parfuum, Youth Dew. Die blou “strik” is deel van die spuitstuk  en die idee is dat die bottel altyd “perfek aangetrek lyk”.

495535_ModernMuse_Bottle_S13_v1.tifDie erfenis
In 1953, ’n tyd toe mans nog besluit het watter parfuum ‘n vrou moet dra,
wou Estée Lauder ’n geur skep wat vroue sou bemagtig om hul eie parfuum te koop. Sestig jaar later is Youth Dew steeds een van dié skoonheidshuis se gewildste geure. Modern Muse bou voort op dié erfenis – dis ’n geur wat bedoel is om ’n vrou te laat voel soos die ster in haar eie lewe.

Style: "estee_lauder"Ons soek ’n inspirerende vrou

SARIE.com en Modern Muse, Estée Lauder se nuwe geur, gee jou die kans om ‘n inspirerende vrou in jóú lewe te benoem, en julle albei kan WEN!

Benoem jou inspirasie-vrou en WEN met Modern Muse – klik hier

Michélle van Breda (SARIE-redakteur) en Charis Labuschagne (SARIE se skoonheidsredakteur) het vir Karyn Khoury, Estée Lauder se bekende “neus”, ontmoet om te hoor wat sy te sê het oor haar nuwe skepping.