Skoonheidstories

Bekende parfuumreeks terug in SA

Was dit nie vir sy verloofde nie, het die Fransman Marcel Rochas dalk ’n prokureur pleks van ’n mode-ontwerper geword. Nadat sy eerste vrou Marcel oortuig het om haar trourok te maak, het hy in 1925 op die jong ouderdom van 23 sy eie modehuis op die been gebring. Hoewel Marcel die eerste ontwerper was wat rompe met sakke en knielengte-jasse ontwerp het, was dit uiteindelik die huis se verleidelike parfuums wat die kollig gesteel het en vandag steeds doen. Nou is Rochas se reeks geure, elk met sy eie interessante storie, weer in SA beskikbaar …

Rochas_Promosie Tag

Madame Rochas

Ná Marcel se dood in 1955 het sy weduwee, Hélène, skaars 30, die maatskappy oorgeneem. Vyf jaar later het sy ’n parfuum saam met parfumeur Guy Robert geskep. Madame Rochas “moet voortbou op die styl en elegansie van Rochas, en ook die onafhanklike vrou vier wat ek geword het,” het sy destyds van dié sensuele blomgeur gesê. Hélène het die maatskappy oor die volgende 15 jaar tot ’n multimiljoen-dollar-sakeryk gebou.

Eau de Rochas

Een van Rochas se bekendste en gewildste parfuums. Meer as 55 miljoen bottels van dié vars sitrusgeur is sedert sy ontstaan in 1970 verkoop. Wéér was Hélène aan die stuur van die nuwe parfuum, dié keer een wat herinneringe oproep van aande langs die Franse Riviera.

Eau de Rochas: Pour Homme

In 1993 is 'n manlike pasmaat vir Eau de Rochas geskep. Eau de Rochas Pour Homme bevat ook sterk sitrusnote soos lemmetjie, nartjie en suurlemoen, gemeng met ryker note soos muskus, kuskusgras en sederhout.

Tocade

Vir vroue met ’n joie de vivre (lewensvreugde), gevul met sitroen, freesia, roos, iris, magnolia en vanielje. Dit word beskryf as ’n "gelukkige geur", duidelik aan die unieke helderkleurige bottel. 

Rochas Man

Toe dié Oosterse houtgeur vir mans 17 jaar gelede ontwikkel is, het die parfumeur koffienote in die basis gebruik – ’n nuutjie vir die tyd. Ander note sluit in vanielje, sandelhout en laventel.

F2866-600Wx450H-Rochas

*Rochas is eksklusief by Dis-Chem landwyd beskikbaar