FOTO: vergunning van L'Oréal

FOTO: vergunning van L'Oréal

Skoonheidstories

Naweekwenk: Bekendes deel hul skoonheidsgeheime

Al ooit gewonder hoe aktrise Blake Lively haar hare so glansend en gesond hou? En hoe behou die sanger Taylor Swift haar lippe altyd bloedrooi? Die SARIE-skoonheidspan het van ons gunsteling-bekendes se skoonheidsgeheime gaan uitsnuffel. Dis so maklik, jy kan dit sélf ook doen!

 

Hiér is van ons gunsteling-bekendes se skoonheidsgeheime:

Blake Lively FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blake Lively FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

Om haar natuurlike glansende hare te kry sit Blake Lively klapperolie aan haar haarpunte voor sy haar hare was. Voor haar hare heeltemal droog is draai sy dit in ’n netjiese bolla. Dit sorg vir sagte natuurlike krulle.

 

 

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

 

Kim Kardashian glo dat om baie water te drink die geheim is agter die Kardashian-susters se bekende glansende gelaat. Sy gaan ook nêrens sonder haar Kardashian Beauty Intimate Spotlight-verligter nie.

 

 

5 Wenke om nuwe lewe aan jou grimering te gee

Emma Stone FOTO: Gallo Images / Getty Images

Emma Stone
FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

“Ek is allergies vir baie dinge, daarom kan ek net produkte gebruik wat een bestandeel bevat,” het Emma Stone aan Cosmopolitan gesê. Sy gebruik soms bakpoeier of bruinsuiker om haar gesig mee af te skilfer en glo ook in klapper- en olyfolie vir die bevogtiging van haar gesig.

 

 

 

Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Rachel Bilson FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

Rachel Bilson sit petroleumjellie aan haar lippe en gebruik dan ’n tandeborsel om liggies dooie velletjies te verwyder – tot siens droë en gebarste lippe!

 

 

Watter oefening is die beste vir jou? Kyk hier wat dié bekendes doen

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

 

Jessica Alba het in ’n onderhoud vertel dat ’n mengsel van jogurt, gemaalde koffie en klapperolie ’n goeie gesigmasker maak wat jou vel sal afskilfer en bevog. “Ek’s mal daaroor omdat jy al dié bestandele in jou kombuis het en jy kan dit net bymekaargooi en jou eie skoonheidspa skep!”

 

Taylor Swift FOTO: Instagram (@taylorswift)

Taylor Swift FOTO: Instagram (@taylorswift)

 

Taylor Swift het die geheim agter haar perfekte rooi lippe by haar grimeerkunstenaars geleer. Hulle wend die rooi lipstiffie aan haar lippe en klad dit met ’n tissue, waarna hulle ’n tikkie poeier bo-op die tissue liggies in haar lippe in druk. Só behou haar lippe langer hul intense rooi kleur.

Zooey Deschanel FOTO: Instagram (@zooeydeschanel)

Zooey Deschanel FOTO: Instagram (@zooeydeschanel)

 

En hoe laat Zooey Deschanel haar groot oë nog mooier lyk? Wend ’n swart oogomlyner bo én onder jou oog aan en gebruik dan ’n sagte bruin of koper oogpotlood om albei lyne te versag, terwyl dit ook ’n tikkie glans byvoeg.

 

 

 

Bekendes deel hul haarwenke – lees meer!