Skoonheidstories

Die beste haar-transformasies van 2016

As daar een ding is waarvoor celebs lief is, is dit om met hul hare te eksperimenteer! Of dit ’n nuwe haarkleur, -snit, -verlengings of selfs ’n geskeerde ondersnit (undercut) is – daar’s vir seker ’n bekende wat vanjaar al so ’n haarstyl gedra het. Hiér wys ons jou die grootste haar-transformasies van 2016 (sover). Wie weet? Dalk inspireer van die style jou om óók ’n bietjie pret met jou hare te hê!

Verlede maand het die SARIE-span berig die aktrises Kristen Stewart en Jennifer Lawrence spog albei met interessante nuwe haarkleure. Kristen het haar bruin hare vir ’n kort blonde haarstyl geruil en JLaw het besluit om platinumblond te gaan.

Kristen Stewart

Jennifer Lawrence

 

Kyk ook na dié bekendes se uiteenlopende haar-transformasies:

1. Kendall Jenner

Die afgelope naweek het supermodel Kendall Jenner aanhangers aan die gons gehad toe sy haar kenmerkende lang hare onverwags in ’n bob-styl geknip het.

FOTO'S: Instagram (@kendalljenner en @kendalljenner.snaps)

2. Halle Berry

Die aktrise Halle Berry mag dalk net ’n nuwe haartrend begin... Die 49-jarige het onlangs haar hare kort gesny en boonop ’n ondersnit (undercut) met ’n blompatroon net bo haar nek gekry.

FOTO'S: Instagram (@halleberry)

3. Christina Aguilera

Die sanger het verlede week met ’n splinternuwe rooi haarkleur gepronk.

FOTO'S: Instagram (@xtina)

4. Khloé Kardashian

Die realiteitster spog tans met haar kortste haarstyl nóg nadat sy onlangs haar lang blonde hare in ’n bob gesny het.

FOTO'S: Instagram (@khloekardashian)

5. Victoria Beckham

Vroeër die maand het Posh ook haar lang hare vir ’n lang bob wat net bo haar skouers val, verruil. Dié haarsnit is nou hoogmode onder bekendes!

FOTO'S: Instagram (@victoriabeckham)

6. Hilary Duff

Dié aktrise eksperimenteer al sedert die begin van die jaar met haar hare. Sy het eers haar lang blonde lokke vir ’n kort pienkgekleurde bob verruil. Later het sy met reënboogkleure in haar hare geëksperimenteer. Sy het onlangs weer haar hare blond gekleur en haarverlengings gekry vir ’n lang bob-haarstyl.

FOTO'S: Instagram (@hilaryduff)

7. Eva Longoria

Aktrise Eva Longoria het in Mei haar hare korter geknip en sagte heuningblond-ligstrepies ingesit.

FOTO'S: Instagram (@evalongoria)

8. Emma Roberts

Ná ’n paar maande van rooigoud gekleurde hare het dié 25-jarige aktrise vandeesmaand ’n nuwe korter blonde haarstyl gekry.

FOTO'S: Instagram (@emmaroberts)

9. Taylor Swift

Die internet het behoorlik gegons toe sanger Taylor Swift vir ’n verandering haar natuurlike blonde hare platinumblond gekleur het en nóg korter gesny het vir ’n meer waaghalsige voorkoms.

FOTO'S: Instagram (@taylorswift)

10. Lily Collins

Die aktrise Lily Collins het ’n meer dramatiese haarkleurverandering gekies en spog nou met vurige helderrooi hare.

FOTO'S: Instagram (@lilyjcollins)

11. Kaley Cuoco

Terwyl die meeste bekendes hul hare korter sny, het The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco in April eerder haarverlengings gekry.

FOTO'S: Instagram (@normancook)

12. Ariel Winter

In Maart het die Modern Family-ster aanhangers verras met ’n nuwe helder rooi skakering.

FOTO'S: Instagram (@arielwinter)

13. Anne Hathaway

Wie sou ooit aktrise Anne Hathaway as ’n blondine kon voorstel? In Februarie het sy ’n foto van haarself met ’n aansienlik ligter haarkleur op Instagram gedeel.

FOTO'S: Instagram (@annehathaway)

14. Lucy Hale

Die aktrise Lucy Hale het aan die begin van die jaar haar kenmerkende bruin lokke ’n ligter blond gekleur vir ’n fliekrol.

FOTO'S: Instagram (lucyhale)

15. Meghan Trainor

Dié sanger het net voor Valentynsdag vanjaar haar hare van blond na rooi gekleur ter viering van haar splinternuwe album, Thank You.

FOTO'S: Instagram (@meghan_trainor)

Bronne: www.instyle.com

Lees nou

Die één haarstyl wat by almal pas!

Taylor Swift se nuwe liefde

Hou nou op om dié velsorgproduk te vrees