FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Bevog só jou vel terwyl jy reis

Die somervakansie nader sy einde en vir baie van ons beteken dit ’n lang reis terug huis toe. Of dit nou in ’n vliegtuig of motor is – lugversorging is ’n móét, veral in die hitte! Ongelukkig is dié gerief geneig om sy tol op ons vel te eis …

Weens die droë lug in ’n vliegtuig of lugversorgde motor verdamp vog makliker uit jou vel. Jou vel word dan gedehidreerd en voel styf en lyk vaal. Dit kan ook veroorsaak dat iemand met ’n olierige vel se gesig selfs nog meer olierig begin voel omdat jou vel dan juis meer olie vervaardig om die verlies aan vog teen te werk, sê Jacquie Carter, internasionale velsorg- en skoonheidskenner van die gesondheidshandelsnaam Herbalife.

Hiér deel sy 5 wenke om jou vel vars en vogtig te hou terwyl jy reis.

Ken jy jou romp-style?

1. Wees voorbereid met dié skoonheidsreistassie

Pak vir jou ’n klein skoonheidsreistassie met die volgende produkte: ’n bevogtigende reiniger of reinigingslappies, vogroom, lipsalf en handeroom. Die sakkie moet klein genoeg wees om in jou handsak te pas sodat jy dit heeltyd byderhand kan hou tydens jou vlug of op die pad. (Onthou net: Die meeste lugrederye laat nie houers met meer as 100 ml inhoud as handbagasie toe nie.)

2. Kies minimale grimering

Die formules van sommige onderlae en gesigpoeiers (soos dié met ’n mat-afwerking) kan in ’n droë omgewing jou vel net nóg droër en styf laat voel. Op reisdae is dit nie altyd nodig om jou gesig volledig te grimeer nie. Al wat nodig is, is ’n paar lae maskara en ’n tikkie lipglans. As jy wel bedekking op jou gesig wil hê, gebruik ’n getinte vogroom.

3. Bevog, bevog, bevog

Gedurende jou reis is jou vogroom jou beste vriend. Wend dit aan sodra jou gesig styf en droog begin voel – jou vel sal dankie sê. Probeer ook ’n bevogtigende gesigsproei met hidrerende bestanddele soos gliserien, silikoon en hialuronsuur.

Probeer: Herbalife SKIN Daily Glow Moisturiser (R387). Besoek www.herbalife.co.za om ’n Herbalife-verkoper in jou omgewing te vind.

Hiér is ’n wenk: Eet soos die Franse!

4. Onthou altyd sonskerm

Ongelukkig blokkeer glas nie die son se UVA-strale, wat jou vel diep binnedring en hoofsaaklik velveroudering veroorsaak, nie. Jy kan dus steeds sonskade opdoen as jy naby ’n vliegtuig- of motorvenster sit, al brand jy nie rooi nie. Wend altyd ’n vogroom of sonskerm met ’n hoë SBF aan terwyl jy reis.

5. Drink water

Jy kan nooit genoeg water drink nie, veral nie wanneer jy reis nie. Hou jou liggaam gehidreerd met water en jou vel sal ook daarby baat. Drink ’n glas water vir elke uur wat jy in die lug of op die pad deurbring, sê Jacquie.

Hiér is nog ’n wenk van ’n bekende…

Die Brasiliaanse supermodel Alessandra Ambrosio het tydens ’n Victoria’s Secret-modevertoning verklap dat sy daarvan hou om ’n serum wat vitamien C bevat aan haar gesig te wend wanneer sy op ’n vliegtuig reis, berig Popsugar. Dit sorg dat haar gelaat vars en helder lyk sodra sy van die vliegtuig af klim.

Leer iets nuuts oor Louis Vuitton