BLOG: 'n Dag in die lewe van 'n skoonheidsredakteur
SARIE-skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, nooi jou om deel te word van haar wêreld.
SARIE se Johannesburg-kantoor
Julle sal dit nie glo nie, maar ons is net 5 mense in SARIE se Johannesburg-kantoor! So, met al die baie launches en stories wat in Gauteng gebeur is hier nooit n somber oomblik nie. Tans het ons n intern wat darem ook bietjie help om die werklas te verlig. Maar voor ek wegspring met my dagboek wil ek julle eers aan ons span voorstel:
1. Phyllis Green is die een wat sorg dat die portretfoto’s in ons tydskrif so mooi lyk en sy lees ook teen die spoed van wit lig – daarom is sy ook ons boekeredakteur.

2. As jy SARIE bel en die vriendelike stem hoor wat antwoord, dan praat jy met Liesel Pienaar, ons redaksionele assistent. Sy help my ook om die 100e skoonheidsprodukte wat ons ontvang uit te sorteer – maar meer hieroor later.

3. Charis Labuschagne is ons kantoor se joernalis en skryf letterlik oor almal en alles: van n voorbladgesig tot n man wat sjimpansees in Afrika red!

4. Fanie Cronjé is SARIE se stilis. Dit is hy wat sorg dat ons voorblaaie so mooi lyk. Hy is ook ons sosiale redakteur en hoewel die titel na hope pret klink, is dit baie harde werk om heeltyd so sprankelend soos hy te wees.

5. Monet Engelbrecht is ons intern vir 3 maande en ons gee haar die volle Devil Wears Prada-ervaring. Sy doen navorsing vir ons en hardloop rond om klere wat op shoots gebruik is terug te vat en inkopies te doen.

6. Ek is die skoonheidsredakteur en as julle hierdie blog dophou sal julle presies uitvind wat ek doen!

PS: Vir nog SARIE-nuus besoek ons by www.sarie.com
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
Blog jy al? Deel 1
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
-
Blog jy al? Deel 2
SARIE - November 2009
Dis een van die warmste geselsmiddels op die internet. Van heinde en verre word daar geblog, nou ook op sarie.com. En in SA is die meeste bloggers vroue!
-
BLOG: 'n Dag in die lewe van 'n skoonheidsredakteur - deel 2
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
Dit is in die klein dingetjies...
-
Toe my man sy werk verloor - Tallie deel haar dagboek
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 51
Tallie besef hulle het hul vriende nodig...





















Kommentaar
Louise Visser het gesê:
Waarheen dan daardie pragtige blonde krulle wat ek so begeer het! Ek was so bly om jou aanstelling te sien in die Sarie en het dadelik daardie gesig herken as my heel eerste beste maaitjie. Ek onthou dat jy altyd die kreatiefste kinder partytjies in die dorp gehad het en 'n mean care bear met die hand kon stik. Voorwaar reeds 'n trendsetter op jonge ouderdom. Ek het iewers nog 'n foto van 'n ene Mariska, aspirant ballerina, die pienk varkie! Jy was nog altyd 'n groot vis in 'n klein dammetjie. Bly jy het jou oseaan gevind.
17de Mei. 2010, 22:34Sanet van Rooyen het gesê:
Geniet die info, dis goed om te weet hoe hard elkeen werk voor Sarie op straat verskyn, ook lekker te weet wat agter die skerms gebeur in jul kantoor en te sien hoe lyk die mense agter die name in die redaksionele kolom van Sarie. PS. Mooi Foto van jou!
28ste Jan. 2010, 07:06