BLOG: 'n Dag in die lewe van 'n skoonheidsredakteur - deel 2
Dit is in die klein dingetjies...
Ek het so paar weke gelede vir Tia Hebron, die skoonheidshuis Bobbi Brown se opleidingsbestuurder in New York, ontmoet vir 'n een tot een sessie by Melrose Arch Hotel in Johannesburg!
Tia is een van die grimeerghoeroe Bobbi Brown se regterhande en buiten die opleidingsessies wat sy wêreldwyd aanbied, doen sy grimering vir topontwerpers by internasionale modeweke. Sy is gelukkig nie bang om haar grimeertruuks te deel nie en volgens haar kan jy net 4 klein dingetjies elke oggend vir jou voorkoms doen wat 'n groot verskil sal maak:
Dit is
1. Maskara
2. Oogomlyner
3. Blosser en
4. 'n Lipkleur. (Ek gebruik op die oomblik Bobbi Brown se oogomlyner - Long-Wear Gel Eyeliner in Black Ink.)
Tia sit vir my oogomlyner aan om te wys watter groot verskil dit kan maak.

Tia kleur my wenkbroue in - sy sê dit bring dadelik jou oë uit!

Tia wys die nuwe glitter vir jou oë - n moet vir die somer. (MAL oor haar swart naels!)

Tia illustreer op my hand hoekom dit noodsaaklik is om vogroom onder jou onderlaag te gebruik. (Sonder n vogroom wend jy maklik te veel onderlaag aan en jou vel kan gou droog lyk.)

Ek en Tia.
Kyk uit vir nog grimeertruuks op SKOONHEID op sarie.com.
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
Blog jy al? Deel 1
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
-
BLOG: 'n Dag in die lewe van 'n skoonheidsredakteur
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
SARIE-skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, nooi jou om deel te word van haar wêreld.
-
Toe my man sy werk verloor - Tallie deel haar dagboek
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 51
Tallie besef hulle het hul vriende nodig...




















Kommentaar
Hyla het gesê:
Ek stem saam met Mariska - miskien eeeeendag kry ek die geleentheid om n persoonlike sessie te he om te leer hoe om grimering perfek aan te sit! dankie vir die inligting...
13de Jan. 2010, 11:46Mariska Faasen het gesê:
Dankie vir die stap vir stap wys watter verskil 'n paar skoonheidsprodukte kan verrig, nie dat jy dit nodig het nie, bygesê!!!
12de Nov. 2009, 16:32