Vanity_Fair_Cover_Lang_Crawford
Skoonheidstories

Blogger skeer haar gesig vir mooier vel – sal jý ook?

Glo dit of nie, vroue kan ook hul gesigte skeer!

’n Grimeerkunstenaar en skoonheidsblogger van Doebai het die internet aan die gons nadat sy ’n video op haar YouTube-kanaal gedeel het waarin sy vertel dat sy gereeld die fyn donserige haartjies op haar gesig met ’n skeermes verwyder. Dís glo haar geheim vir ’n sysagte vel en grimering wat glad en foutloos aanwend.

FOTO: GETTY/ Rene Johnston

FOTO: Gallo Images / Getty Images / Rene Johnston

7 dinge wat jy moet weet as jy groente en vrugte koop

Soos die video al gewilder raak, beaam talle aanhangers dat hulle ook verkies om eerder die fyn haartjies op hul gesig met ’n lemskeermes te verwyder as om byvoorbeeld hul gesig te laat waks of vir ’n laserbehandeling te gaan.

In die video verduidelik Huda Kattan dat vroue wat hul gesig skeer nie so ‘n vreemde verskynsel is soos wat baie glo nie. Selfs bekende aktrises soos Marilyn Monroe en Elizabeth Taylor was glo aanhangers van dié tegniek. Sonder dat sy haar gesig nat maak, skuur Huda met ’n enkellem-skeermes liggies en met kort hale oor dié deel op haar gesig waar sy die hare wil verwyder. Sy gebruik dit veral om die donserige haartjies onder haar wangbene en by haar haarlyn te verwyder.

Kyk hiér na die interessante video:

Maar gaan die haartjies nie growwer uitgroei nie?

Dis ’n mite dat die hare op jou vel growwer en dikker teruggroei wanneer jy dit skeer, sê dr. Ean Smit, ’n dermatoloog by die Cosmetic Dermatology Centre in Kaapstad. Soms voel die geskeerde deel wel growwer wanneer die haartjies begin teruggroei omdat die skeermeslemmetjie die hare stomp teenaan die veloppervlak afsny.

Hoekom dit dan doen?

Voordeel

Omdat die skeerproses fyn haartjies en dooie selle op jou veloppervlak verwyder, sorg dit vir ’n gladde, egalige veltekstuur. Grimering wend dan makliker en gladder aan. Die gereelde afskilfering kan ook die voorkoms van littekens en fyn lyntjies verbeter.

Nadeel

Volgens Sonette Donker, velsorgkenner van die velsorgkliniek Skin ID in Johannesburg, is dit nie noodwendig sleg om jou gesig te skeer nie, maar op die lange duur kan dit veral vel wat sensitief is irriteer en rooiheid of ’n veluitslag veroorsaak. As jy hoofsaaklik jou veltekstuur wil verbeter, stel sy voor jy gebruik eerder twee tot drie keer ’n week ’n chemiese afskilferaar, wat sure soos glikoliese – en melksuur bevat. Dit sal net so goed werk om jou veltekstuur glad en egalig te maak en die voorkoms van littekens te verbeter sonder dat dit jou vel irriteer.

Wat dink jy? Sal jy die hare op jou gesig met ’n lem-skeermes verwyder?

Sal jy jou gesig met ’n lemskeermes skeer?

  • JA
  • NEE

Bronne: www.cosmopolitan.com, www.mayoclinic.org

Aitsa, prins George ontmoet die Obamas!