Skoonheidstories

Hou jou vel jonk

“Die vel se epidermis bestaan uit 70% water. Dis dus noodsaaklik om die vogbalans in stand te hou sodat die vel optimaal kan funksioneer,” sê Tony Vargas, vise-president van navorsing en ontwikkeling by Elizabeth Arden.  Hy verduidelik dat jy veral vir snags, wanneer die vel se natuurlike herstelproses plaasvind, voedende bestanddele moet aanwend. “Dis wanneer jou vel se basiese instandhoudingsproses en herstel plaasvind.  Jou proteïenreserwes word opgebou, wat die vogbalans herstel.

Soos jy ouer word, word hierdie hersteltyd al hoe belangriker vir jou vel,” glo hy. Vir bedags moet jy uitkyk vir produkte wat groentee, vitamiene A, C en E en botaniese ekstrakte bevat – hierdie bestanddele sal sonskade omkeer en jou vel help om sy eie weerstand op te bou. Kruie-ekstrak en ment help ook ’n somervel om te kalmeer en soepel te bly.

Dermalogica Super Sensitive Faceblock Eucerin Dermo Densifyer Night
Estée Lauder Bronze Goddess Bronzing Gel (R360) Dermalogica Super Sensitive Faceblock SPF30 (R505) Eucerin Dermo Densifyer Night (R270)
Yves Saint Laurent Re-Plumping Concentrate La Mer The Eye Balm Intense
Yves Saint Laurent Re-Plumping Concentrate
Lip & Contour Shaper (R525)
La Mer The Eye Balm Intense (R1 735)