Skoonheidstories

’n Bobaas-baard vir hom

’n Baard se gewildheid het nog altyd gekom en gegaan, maar deesdae word dit as ’n klassieke voorkoms gesien, byna soos die bob-haarstyl vir vroue. Só sê ons eie Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur. Of die man in jou lewe van ’n lang, rowwe baard hou of ’n kort netjiese een, die versorging daarvan is belangrik.

Hier is ’n paar wenke van Fanie wat jy met hom kan deel:

1. Groei dit reg

Jou baard moenie op jou kakebeenlyn eindig nie, want anders lyk dit asof jy ’n dubbelken het. Laat groei dit tot sowat vier sentimeter onder jou kakebeenlyn en gebruik skeerjel om die res van jou nekgedeelte skoon te skeer. Wend agterna ’n skeerbalsem (balm) aan om rooi knoppies te voorkom.

2. Was jou baard

Was jou baard soggens en saans met ’n baardseep en masseer daarna ’n baardbalsem of –room in. Dit voorkom ’n jeukerige vel. Kyk uit vir bestanddele soos amandel-, klapper- en teeboom-olie (dié olie is antibakteries).

3. Voed met ’n baardolie

Vryf dan ʼn baardolie van die wortels van jou baardhare opwaarts in. ’n Olie bevogtig jou baard en hou die hare sag. Kam laastens jou baard in plek met ’n baardborseltjie.

fanie cronje“My baard laat my nie net manlik voel nie, maar ook boheems. Dit is ’n eksterne uitdrukking van my vrygeestige persoonlikheid.”

– Fanie Cronjé

 

Probeer dié top-produkte:

Skeerbalsem: Dermalogica Post-Shave Balm (R630)

Baardseep: Beardworx Beard Soap Bar with Bamboo Dish (R110)

Besoek www.beardworx.co.za

Baardbalsem: Bonafide Beards Handcrafted Beard Balm (R160)

Besoek www.bonafidebeards.com

Baardolie: Tom Ford For Men Conditioning Beard Oil (R745) en Beard Comb (R540)

Beskikbaar by uitsoekwinkels van Stuttafords

Skeerroom: Nivea Men Originals Moisturising Shaving Gel (R65)

Ons is mal oor dié bekendes se baarde:

Armand Aucamp

Apie tot die mag van apie. Apie-squared. ALL THE APIES! #apie

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

 

Chris Hemsworth

 

Ryan Gosling

 

Tom Hardy

 

David Beckham

 

Jon Hamm

 

Wat dink jý?

Hou jy van ’n man met ’n baard?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Dít pak ons in vir ’n wintervakansie

Slim wenke vir ’n spa-bederf by die huis