Skoonheidstories

Bruin, die geheim vir sexy oë?

Byna elke vrou het ’n staatmaker-swart oogomlyner in haar grimeersakkie. Dit bly ’n vinnige manier om ’n sexy voorkoms te skep. Tog is ’n swart oogomlyner nie altyd die beste kleur om jou oë werklik tot hul reg te laat kom nie. Soms het ’n sagte bruin een meer trefkrag! Vra maar die Hollywood-ikoon Marilyn Monroe …

Swart is perfek vir ’n dramatiese en grafiese oogomlyner-voorkoms wat aandag trek. Tog kan dié kleur dikwels jou oë kleiner en meer ingesonke laat lyk, veral wanneer jy dit in die dag dra. Dit trek ook die aandag na fyn lyntjies en plooie rondom jou oë.

Talle bekendes soos Kendall Jenner, Sofía Vergara en Olivia Wilde gebruik dus liefs ’n bruin oogomlyner om hul oë subtiele definisie te gee en effens rokerig te laat lyk. Dit sorg ook vir ’n meer natuurlike en moeitelose voorkoms vir jou oë.

@esteelauder #KJ4EL

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

 

Sofía Vergara

Olivia Wilde

Bruin oogomlyner was selfs vir Marilyn Monroe ’n slim mooimaak-truuk. Sy het byna nooit swart oogomlyner gebruik nie omdat sy geglo het bruin beklemtoon haar blou oë meer. Sy het met bruin oogomlyner ’n lyn teenaan haar boonste wimpers getrek en dit ’n entjie verby laat strek. Die lyn teen haar onderste wimpers het dan net van die middel van haar oog gestrek en ook net verby die buitehoek. Sy het altyd seker gemaak dat die twee lyne wat verby elke oog gestrek het, nie aan mekaar raak nie, anders sou dit haar oë kleiner laat lyk het.

Bruin oogomlyner hoef gelukkig nie vervelig te wees nie! Kies ’n donkerbruin, “espresso”-skakering vir groen oë, ’n warmer sjokolade bruin vir blou oë en ’n grysbruin skakering vir bruin oë. Trek, soos Marilyn, die lyn teenaan jou boonste en onderste wimperlyne en laat dit verby die buitehoeke van jou oë strek. Dit “lig” jou oë en laat jou jonger lyk. Gebruik jou vinger of ’n dun sponsie om die lyntjie effens te smeer (smudge) vir ’n ingeleefde rokerige voorkoms.

Probeer dié bruin oogomlyners:

Max Factor Liquid Effect Pencil in Brown Blaze (R120). By Clicks

Estée Lauder Double Wear Stay-In-Place Eye Pencil in Coffee (R345)

Almay Intense i-Color Gel Smooth Liner in Espresso (R179)

Clinique Quick Liner for Eyes in Smokey Brown (R285)

L’Oréal Paris Infallible Stylo Eyeliner Waterproof in Chocolate Addict (R80)

Het jy geweet?

53 jaar ná die ikoniese Marilyn Monroe se dood is sy steeds gewild! Sy verdien sowat R196 miljoen per jaar en was in 2014 sesde op die tydskrif Forbes se jaarlikse lys van bekendes wat die meeste verdien ná hul dood. Sy’t selfs verlede jaar in ’n advertensieveldtog vir die grimeerhuis Max Factor gepronk ter viering van hul honderdste bestaansjaar.

Lees nou

5 foto’s van prins Harry se vaderlike instink

Die beste haar-transformasies van 2016