FOTO Instagram @caradelevingne

FOTO Instagram @caradelevingne

Skoonheidstories

Cara Delevingne spog nou óók met ’n lob

Model en aktrise Cara Delevingne voeg haar naam nou by die rits bekendes wat hul hare in ’n lob gesny het.

As jy gedink het dié styl se tyd is verby, dink weer!

Cara met lang hare:

 

Cara se nuwe korter haarstyl:

 

Waarom so gewild?

Een ding weet ons wel: Die lang bob (of lob) is tans dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes … en dit lyk asof die jaar (jare) van die lob nog lank nie verby is nie. Sedert die begin van die jaar het bekendes soos Khloé Kardashian, Victoria Beckham, Adele, Jennifer Lawrence en Leandie du Randt – om net ’n paar te noem – ook met die styl gespog.

Ons kan sien waarom so baie celebs van dié haarstyl hou: dit pas byna almal – ook by my en jou!

Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm én ouderdom en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir ’n strandvoorkoms. ’n Lob is ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl verkies wat maklik stileer, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Probeer dan ’n lang bob wat in lae gesny is, met of sonder ’n kuif. Laat sny jou langer bob elke ses tot agt weke om die snit mooi te onderhou.

 

Kry die voorkoms só

Skep die voorkoms deur jou hare rofweg te golf met ’n stileeryster of krultang. Krap dan jou hare liggies met jou vingers deurmekaar en spuit ’n haarsproei aan wat spesiaal geformuleer is om volume en tekstuur aan jou hare te gee.

Bekendes met ’n lob-haarsnit

Victoria Beckham

#chopchop X @lukehersheson @wendyrowe using Victoria Beckham make up X Kisses VB   A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

 

Het jy geweet?
Golwende haarstyle met ’n strandvoorkoms laat vroue bo 40 dadelik gemaklik en meer jeugdig lyk. Laat jou haarstileerder jou hare in langer golwende lagies tot net bo jou skouers sny.

 

Adele

 

Jennifer Lawrence

 

Amy Poehler

Het jy geweet?

As jy natuurlik baie reguit hare het, is ’n lob met effens stompgesnyde punte in die kol. Steek jou hare agter jou ore in om die styl ’n bietjie asimmetries te laat lyk en jou voorkoms ’n moderne kinkel te gee.

Khloé Kardashian

Jenna Dewan-Tatum

Jessica Chastain

Bronne: www.refinery29.com, www.allure.com, www.totalbeauty.com

Lees nou

Moet jy die dermatoloog besoek vir jou rooi vel?

Pas op! 5 gewoontes wat jou wimpers beskadig

Drink dié drankies vir die mooiste vel