FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Celebs deel hul skoonheidswenke – doen dít elke dag om jonger te lyk

Dit maak nie saak of jy jonk of oud, bekend of onbekend is nie. Elke vrou wil jonger lyk en mooi na haar vel kyk. Dít is wat bekende Hollywood-sterre doen vir ’n jeugdiger voorkoms.

Ons skoonheidsredakteur Charis Labuschagne skryf gereeld oor die belang van ’n goeie sonskerm. En Hollywood-aktrises stem saam!

Charis se blog oor sonskerm. Lees hier!

Katie Holmes

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Ek dra elke dag sonskerm omdat ek daarvan hou om buite te wees. As jy nie maklik sonbrand nie, soos ek, is dit maklik om te dink jy het nie sonskerm nodig nie. Maar jy het dit steeds nodig.”

Julianne Moore

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Ek sê vir elke jong persoon wat ek ken: Bly uit die son uit! Ek het ’n baie ligte vel en die son beskadig dit maklik. Ek loop selfs aan die skadu-kant van die straat!”

Kristin Davis

Kristin is baie in die buitelug, omdat sy 'n vegter vir die bewaring van olifante is, FOTO: Twitter

Kristin is baie in die buitelug, omdat sy ‘n vegter vir die bewaring van olifante is, FOTO: Twitter

“Ek het al baie skade aan my vel gedoen deur dit nie op te pas nie. Nóú waardeer ek my sonskerm!”

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

 

Judy Reyes

Judy speel in die nuwe komedie 'Devious Maids',

Judy speel in die nuwe komedie ‘Devious Maids’,

“Dra altyd sonskerm – maak nie saak hoe donker jou vel is nie.”

Nicole Kidman

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Die son is die vyand en laat jou vel verouder, daarom dra ek baie sonskerm, en probeer die son vermy.”

Kaley Cuoco

Kaley speel in die gewilde sitkom 'The Big Bang Theory'

Kaley speel in die gewilde sitkom ‘The Big Bang Theory’

“Ek dra altyd sonskerm. Ek probeer die son vermy, maar wanneer ek in die son is, dra ek altyd ’n hoed.”

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

 Marcia Cross

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Wanneer ek in die buitelug is, dra ek gewoonlik ’n sonbril en ’n hoed. Ek dra altyd sonskerm.”

Rachel Bilson

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Toe ek jonger was, het ek sonsteek gekry omdat ek myself nie teen die son beskerm het nie. Sedertdien is ek baie versigtig vir die son. My sonbrand-dae is verby. My gloeiende-vel dae is hier!”

Jennifer Garner

LOS ANGELES, CA - OCTOBER 27: Ben Affleck and Jennifer Garner are seen in Brentwood on October 27, 2011 in Los Angeles, California. (Photo by JB Lacroix/WireImage)

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Ons gesin is baie ingestel op ’n gesonde vel en my kinders weet teen dié tyd dat hulle altyd sonskerm moet dra. As een van ons vergeet om sonskerm aan te smeer, sal daar altyd een wees wat met die houertjie nader kom.”

Charis Labuschagne

Charis Labuschagne

Tydens die onlangse bekendstelling van Vichy se nuwe velsorgprodukte het dié skoonheidshuis die uitslae van nuwe navorsing onder vroue oor hul vel met ons gedeel. En wat het hierdie vroue die meeste begeer? ’n Perfekte, gloeiende, egalige vel.

Dit was geen verrassing om te hoor dat die son die sondaar is wat ons van dié ideaal beroof nie. En onthou, die winterson is net so skadelik soos in die somer. Dr. Hetesh Pitamber, ’n dermatoloog van Johannesburg, het tydens die bekendstelling benadruk dat blootstelling aan die son die meeste tekens van veroudering veroorsaak, veral donker vlekke. Hoewel ons hier in Suid-Afrika die vele sonnige dae geniet, weet min van ons hoe om onsself teen die son te beskerm.

 

Ek het dr. Pitamber gevra om ’n paar wenke te deel:

  1. Hoe ligter jou vel is, hoe hoër moet die SBF (sonbeskermingsfaktor) in jou sonskerm wees. As jou vel baie lig is, moet jy ’n SBF van minstens 50 gebruik omdat jy vinniger rooi brand as iemand met ’n donkerder vel.
  2. Jy moet altyd sonskerm aanwend, al dink jy jy gaan nie die dag in die son deurbring nie. Sonstrale skyn selfs deur jou motorruit.
  3. Die blootstelling aan die son in ons jong dae veroorsaak vroeë veroudering later in ons lewe. Soos dr. Pitamber sê: “What you do in your youth is what you pay for later.” Beskerm jou kinders van kleins af.
  4. Onthou om jouself goed met sonskerm te smeer wanneer jy gaan swem. Omdat water sonstrale weerkaats, brand jy dikwels vinniger as jy in die water is. Dieselfde geld as jy gaan ski.
  5. Baie van ons wend te min sonskerm aan. Gebruik ’n teelepel vol op jou gesig. En moenie die res van jou lyf, soos jou nek en hande, afskeep nie.

Bron: Huffington Post