FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Rooibos vir Charlize Theron en Angelina Jolie

Vir Suid-Afrikaners is ’n koppie rooibostee saans al tweede natuur. En nou raak dit nét so gewild oorsee. Bekendes soos Charlize Theron, Angelina Jolie en selfs die Britse aktrise Helen Mirren gaan nêrens sonder dié unieke bossietee nie, sê die SA Rooibos-raad. Hoekom? Rooibos is ’n superbestanddeel vir jou vel!

Prins George en prinses Charlotte se gesinsvakansie!

Hiér is ses redes waarom jy vandag nog rooibostee deel van jou velsorgroetine moet maak…

1. Dis trots Suid-Afrikaans! Die rooibosplant kom natuurlik in die Cederberg-omgewing voor en is deel van die Kaapse fynbos-rykdom.

2. Rooibostee is ’n natuurlike bron van alfahidroksisure. Dié tipe suur is ’n gewilde afskilferaar en help jou vel om vog en fermheid te behou. Só word die voorkoms van vroeë tekens van veroudering soos plooie en fyn lyntjies verminder. Dit verfris ook jou vel en gee aan jou gelaat ’n gesonde, stralende gloed.

3. Wanneer ons baie stres, te veel alkohol drink, rook of blootgestel word aan besoedeling en die son, vorm vry radikale wat bydra tot die voorkoms van donker vlekkies, plooie en fyn lyntjies op jou vel. Rooibostee bevat kragtige antioksidante wat jou vel beskerm teen die skade wat dié vry radikale aanrig.

4. Rooibostee streel sensitiewe vel en kalmeer rooiheid en jeukerigheid.

5. Dit het ook antibakteriële eienskappe wat dit geskik maak vir vel met ekseem of ’n veluitslag.

6. Boonop is dié bekendes mal oor rooibostee…

*Aktrise Angelina Jolie gebruik glo ’n spesiale lipsalf met onder meer rooibos as bestanddeel om haar vol lippe te bevog.

*Charlize Theron, Jessica Alba, Hugh Jackman en Candice Swanepoel hou daarvan om te gaan vir gesigbehandelings wat rooibostee bevat.

*Helen Mirren, Gwyneth Paltrow en Miranda Kerr gaan na bewering nêrens sonder hul rooibostee-sakkies nie.

Probeer gerus dié heerlike rooibos-ystee resep!

Rooibos-ystee

Dié velsorgprodukte bevat rooibos:

  • Annique Forever Young Revitalising Cream (R469). By Annique-salonne
  • African Extracts Rooibos Exfoliating Facial Scrub (R50)
  • Kalahari Toning Lotion with Rooibos Tea Extract (R160). By uitsoeksalonne

Het jy geweet? Rooi lippe kan jou jonger laat lyk