FOTO: Dove

FOTO: Dove

Skoonheidstories

#ChooseBeautiful: 7 wenke om jou met dié besluit te help

Die skoonheidshuis Dove se nuutste advertensieveldtog, Choose Beautiful, wil vroue aanmoedig om doelbewus te kies om mooi te voel. Tog is dié keuse soms nie so maklik om te maak nie. Hiér gee Paula Facci, ’n leefstylafrigter van Johannesburg, sewe praktiese wenke om jou te help om daagliks “mooi” te kies.

FOTO: Dove

FOTO: Dove

Kyk hiér na Dove se inspirerende Choose Beautiful-advertensievideo

#1 ’n Pragtige gedagte

Daag jouself uit om daagliks minstens een “pragtige” gedagte oor jouself te hê. Kyk na jouself in die spieël, kies ’n gedagte oor jouself om vir die dag te koester – en gló dit!

#2 Omring jouself met skoonheid

Die omgewing waarin ons leef het ’n groot uitwerking op ons gesondheid en welstand. Waar geraas en chaos ons gespanne, hartseer of angstig maak, kan ’n pragtige omgewing ons veilig, ontspanne en gelukkig laat voel. Omring jouself met dinge, reuke en klanke wat vir jou mooi is en jou op jou beste laat funksioneer.

#3 Oefen bewustheid (mindfulness)

Raak meer bewus van outomatiese negatiewe gedagtes wat jy oor jouself en jou skoonheid kan hê. Sê doelbewus vir jouself dat dié gedagtes nie waar is nie en maak dan die keuse om te glo in jou eie skoonheid.

Woolworths en Pharrel Williams – dís wat hulle beplan!

#4 Wees vriendelik, voel mooi

Om te gee is inderdaad beter as om te ontvang! Sien die skoonheid in dié rondom jou raak. Gee minstens een keer ’n week vir iemand ’n kompliment, deel jou gunsteling-produkte of raad met ’n vriendin of skenk iets vir liefdadigheid.

#5 Versorg jouself

Maak die meeste van dit wat jy het en fokus daarop om jou unieke skoonheid en eienskappe te beklemtoon. Maak ook ’n doelbewuste besluit om goed na jouself te kyk – fisiek en emosioneel.

#6 Wees dankbaar

Deur te oefen om dankbaar te wees, kan jy jou brein se geneigdheid om negatiewe gedagtes te hê hokslaan. Paula stel dié vinnige oefening voor: Dink aan die einde van elke dag aan drie goeie dinge wat daardie dag gebeur het. Dink dan hoe jy daartoe bygedra het.

#7 Wees lief vir jouself!

Ons almal wil geliefd voel. Begin deur jouself lief te hê. Doen elke dag iets kleins nét vir jouself en onthou ook om jouself weekliks te bederf deur iets te doen waarvoor jy baie lief is.

SARIE se Herman kies beste roosterkoek by KKNK