FOTO: Instagram (@georg.mshults)

FOTO: Instagram (@georg.mshults)

Skoonheidstories

Die beste oogomlyner-skakering vir jóú oogkleur

Kleurryke oogomlyners is nou baie gewild. Hoewel ’n swart oogomlyner altyd ’n staatmaker sal wees, kan juweelskakerings soos vlootblou, pers, smaraggroen, koper en goud verskillende oogkleure werklik tot hul reg laat kom!

Wonderwerk: Jongste Siamese tweeling nóg geskei

Vir treffende oë in ’n kits…

Trek ’n dun lyntjie so na moontlik aan jou boonste wimperlyn en effens opwaarts by die buitenste hoek van jou oog. Rond jou voorkoms af met ’n paar lae maskara. Die kleur van die omlyner sal nog meer uitstaan teen gitswart wimpers. Vir ’n meer subtiele voorkoms, trek ’n lyntjie met jou helder oogpotlood en skakeer of smeer (smudge) die lyntjie sodat dit sagter lyk.

Dié oogomlyner-skakerings en oogkleure is pasmaats:

Blou oë ♥ koper

-Skakerings met ’n oranje ondertoon laat blou en grys oë uitstaan omdat dié twee kleure teenoor mekaar op die kleurwiel lê en daarom mekaar komplementeer.

-Kies skakerings soos bruin, koper, karamel, goud en wynrooi. Juweelskakerings soos donkergroen en silwer laat blou oë helderder lyk.

-Gee jou blou oë ekstra definisie deur ’n katoog-voorkoms met ’n swart oogomlyner te skep en dan ’n tikkie goud of koper in die binnehoeke van jou oë aan te wend.

Ster-inspirasie: Gigi Hadid

 Bruin oë ♥ vlootblou en groen

-As jy bruin oë het, kan jy byna enige skakering dra.

-Vlootblou, groen en pers skakerings bring die goue spikkels in bruin oë uit en lyk sagter as ’n swart oogomlyner, daarom is dit goeie skakerings om deur die dag te dra.

-’n Bruin oogomlyner gee aan bruin oë diepte en definisie, maar lyk steeds natuurlik en neutraal.

Ster-inspirasie: Rachel Bilson

FOTO’s: Vir Altyd se eersteklas-première

Groen oë ♥ pers

-Groen en rooi lê teenoor mekaar op die kleurwiel. Daarom laat oogomlyners met rooierige ondertone soos pers, wynrooi, rooibruin en brons groen oë tot hul reg kom.

-Pas net op vir helder rooi of pienk skakerings. Dit kan jou oë moeg en geïrriteerd laat lyk.

-Kies deur die dag bruin en vlootblou pleks van swart om jou groen oë subtiel te beklemtoon.

Ster-inspirasie: Olivia Wilde

Ligbruin (hazel) oë ♥ goud

-Ligbruin (hazel) oë kan bruin, groen en geel vlekkies bevat.

-Kies ’n silwer, grys of donkerpers oogomlyner om die groen in jou oë te beklemtoon en metaalskakerings soos goud en koper om die bruin en geel in jou oë te beklemtoon.

Ster-inspirasie: Mila Kunis

 Bronne: Smashbox, www.marieclaire.com, www.cosmopolitan.co.au

Ons kalender: konserte, uitstallings, markte, feeste en inspirasie!