Kaley Cuoco FOTO: Instagram @normancook

Skoonheidstories

Die bob: ’n haarstyl vir enige gesig

Die bob is een van dié jaar se gunsteling-haarstyle en dit lyk of dié styl hier is om te bly met sterre soos Emma Stone en Kaley Cuoco wat ook deesdae hul hare so dra.

Internasionale bekendes soos Jennifer Aniston, Katie Holmes, Reese Witherspoon, Katy Perry en Lily Collins het almal onlangs hul lang lokke vir ’n moderne bob verruil. Omdat daar so baie weergawes van dié snit is – die lang bob, kort bob, ’n bob in lae gesny, met of sonder ’n kuif en selfs een met baie tekstuur – werk dit vir byna enige gesigvorm, sê Sarianne Oosthuizen, handelsmerkbestuurder van Schwarzkopf.

“As jy byvoorbeeld ’n langer gesig het, is ’n kort bob die antwoord. Vir ’n ronde gesig is ’n langer bob beter. Jy kan dus hierdie styl aanpas om by jóú te pas.

Só lyk Emma Stone se bob


’n Bob is ook die perfekte snit as jy meer volume vir jou hare wil skep, meen Carl Isaacs, haarstilis van Kaapstad.

As dié styl goed gesny is, is dit makliker om te stileer, sê Sarianne. Hoe korter jou bob, hoe meer gereeld gaan jy dit moet opknap (elke vier weke). ’n Langer bob kan jy elke ses tot agt weke laat sny.