Skoonheidstories

Die Chanel-kortfliek met Catherine Deneuve

Chanel No. 5 se verkope in Amerika het skerp gestyg nadat dié aktrise as muse aangewys is. Die Amerikaanse pers het haar as die wêreld se elegantste vrou bestempel. Vir haar Chanel-advertensie het sy reguit in die kamera gekyk en gesê: You don’t have to ask for it. He knows what you want.