FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

7 diewe wat jou vel se vog steel

Verskeie faktore ontneem jou vel van water. Kom ons kyk na 7 diewe wat jou vel se vog steel. 

  1. Te veel hitte, soos kaggels en verwarmers. Hitte onttrek vog uit die lug en in ’n droë omgewing verdamp vog makliker uit jou vel.

  2. Met strawwe oefening en sonblootstelling verloor jy baie water deur sweet.

  3. Sommige reinigers stroop jou vel van water. Kies ’n reiniger wat sagkens werk en pH-gebalanseerd is (dit het dieselfde pH as jou vel, sowat 5,5).

  4. Skoonheidsprodukte met alkohol kan oor ’n tydperk jou velwand só beskadig dat dit nie meer genoeg vog in jou vel kan seël nie.

  5. Ouderdom. Soos jy ouer word, vervaardig jou vel minder olie wat die vog in jou vel moet seël. Water ontsnap dan makliker en dit lei tot dehidrasie.

  6. Kafeïen en alkohol onttrek water uit jou lyf se selle. Jou vel lyk veral droog nadat jy te veel alkohol gedrink het.

  7. Afskilfering is goed om van dooie selle ontslae te raak, maar as jy dit oordoen,

    beskadig jy jou velwand. Moenie meer as twee keer ’n week afskilfer nie.

Lees ook