Aktrise Kaley Cuoco FOTO: Instagram @normancook

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: die bob – klassiek en altyd in die mode

Dié week skryf Gary Rom van Gary Rom Hairdressing self vir ons. Hy blog oor een van vanjaar se grootste trends vir jou hare – die bob!

“Die bob sal altyd op die een of ander manier in die mode wees. Dis een van daai style wat nooit oud raak nie, want dis klassiek. Daar sal permanent verskillende weergawes van die bob wees, nes ons vandag sien.

Die langer bob of mediumlengte bob is tans ’n reuse-trend, soos te sien in die subtiele weergawes en asimmetriese interpretasies van dié styl.

Wanneer dit kom by watter gesigtipe die beste by die lang bob pas, is daar nie ’n spesifieke antwoord nie. Die bob moet gesny word om jóú gesigvorm te komplementeer, nie andersom nie.

Jy kan jou bob met ’n diagonale kantpaadjie stileer, wat die indruk sal skep dat jy ’n skuinsgesnyde kuif het. Die middelpaadjie is ook op die oomblik groot. Dra dit met hare wat plat teen jou kop gestileer is, maar wat meer tekstuur en volume agter en aan die kante van jou kop het.

Ons sien deesdae baie bekendes wat dié trends volg, soos Jennifer Aniston, Katie Holmes, Hilary Duff en Emma Stone.”

Gary beveel aan

Gary Rom Haircare Texture Advance Spray

Gary Rom Haircare Texture Advance Texture Spray

 

 

 

Gee jou hare die tekstuur en volume waarvoor dié trends vra met Gary Rom Haircare Texture Advance Texture Spray, beskikbaar by Gary Rom-salonne.

 

 

 

 

 

 

 

Gary Rom*Gary Rom is stileerder én eienaar van Gary Rom-salonne

 

 

 

 

Nóg wenke van die Gary Rom-span