FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: hoe rooier, hoe mooier!

Die gewilde haarkapper Gary Rom se span gee jou elke week raad oor hoe om seker te maak jou kapsel lyk perfek.

Dié week praat Charlene Schlorke, kunsdirekteur by Gary Rom se salon in Southdowns in Irene, oor een van die seisoen se gewildste trends vir hare: rooi kleur!

“Kry inspirasie by bekendes soos Emma Stone, Amy Adams en Nicole Kidman met een van die seisoen se grootste trends vir haarkleur.

Dié vroue is perfekte voorbeelde van die groot verskeidenheid van rooi skakerings op jou hare – van ’n dieper en ryker rooi tot ’n meer subtiele en sagte aarbei-blond.

Daar is ook ’n groot verskeidenheid van haarkleurmiddels in die salon wat jou skakering van rooi kan beklemtoon, soos Dia Richesse van L’Oréal Professional, wat geen ammoniak bevat nie. Dit gee jou hare boonop ekstra glans!

Of jy ’n natuurlike rooikop is en of jy dit met ’n bietjie kleursel opkikker, maak nie saak nie. Jy moet steeds die kleure van die items in jou hangkas versigtig kies. Kleure wat pragtige rooi hare beklemtoon en komplementeer is koninklike blou, smaraggroen en diep skakerings van persrooi.”

Ons gunsteling-rooikoppe in Suid-Afrika

Charlene beveel aan:

Gary Rom Haircare Hydro Boost-reeks

Gary Rom Haircare Replenish-reeks

Om jou rooikop meer glans te gee én die kleur te beskerm, probeer Gary Rom Haircare se Replenish-reeks, wat bestaan uit sjampoe, opknapper en ’n behandeling.

Charlene Schlorke gary rom

 

 

*Charlene Schlorke is ’n kunsdirekteur by Gary Rom Hairdressing Southdowns in Irene (012 665 0188)

 

Nóg Gary Rom-wenke op SARIE.com