FOTO: Instagram @nicolecerpp

FOTO: Instagram @nicolecerpp

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Maak ’n strik in jou hare met jou hare

Vir die vroue wat daarvan hou om ’n strik in hul hare te dra, maar bang is hulle lyk kinderlik, is daar ’n ander opsie.

Om uit jou eie hare ’n strik te maak, is baie eenvoudig en lyk byderwets vir dag- en aandgesellighede. Dié strik is vroulik, maar gee ook ’n jong, vars en flirty gevoel.

Kry dié voorkoms in 5 stappe:

1. Begin deur jou hare in ’n hoë poniestert vas te bind.

2.  Trek jou hare halfpad deur die rekkie sodat die los punte halfpad onder uitsteek.

3.  Verdeel dan die bolla sodat dit 2 lusse vorm.

4.  Vou die los punte tussen die 2 lusse deur om nog ’n lus te vorm en die illusie van ’n strik te skep.

5. Maak seker die strik is stewig deur dit met haarknippies vas te steek … en voilà!

 

tash copy copy*Natascha Hall is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)