FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Só dra jy ’n middelpaadjie

’n Middelpaadjie is nie vir almal nie, maar as dit reg gedra word, kan dit baie mooi lyk.

Hier is ’n paar wenke hoe om ’n middelpaadjie te dra

1. Laat groei jou kuif tot net onder jou wenkbroue en stileer dit terug saam met die res van jou hare. Die effek sal jou wangbene beklemtoon.

2. Stileer jou hare reguit met ’n diep lynreguit paadjie, dit lyk baie treffend. Dit werk uitstekend met lang hare wat in lae gesny is.

3. As jy krulle of sagte golwe het, maak seker dat jou hare laer as jou oë begin krul.

4. Laat jou middelpaadjie ’n bietjie meer natuurlik lyk. Gebruik jou vinger om die hare te deel in plaas van ’n kam, of doen dit koponderstebo. Of jy kan dit droogblaas sonder ’n paadjie en dit natuurlik in die middel laat oopval wanneer dit droog is.

Gebruik die volgende om die perfekte haarstyl te skep

  • Gary Rom Hair care Hydrodefence vir hittebeskerming en vir gladde hare
  • Gary Rom Hair care Foundation Spray vir volume
  • Gary Rom Hair Care Texture Advance vir gedefinieerde krulle

 

gary rom produkte

Deur Daleen Oosthuizen, Gary Rom Hairdresing Edgars Clearwater Mall – 011 288 5000