David Beckham
SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Trends in manshaarstyle

Vergete is die dae toe daar reëls was vir manshaarstyle, sê Freya Labuschagne, kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria. Deesdae volg die manne ook trends.

Trends vir manshaarstyle dié seisoen

Lank bo

Hoe: Hou dit langer bo met baie tekstuur, maar korter teen die kante en agter. Dit raak geleidelik korter tot in die naat van jou nek.

Voorkoms: Dié voorkoms kan professioneel lyk vir werk, maar ook prettig oor naweke.

Kry dit só: Kry tekstuur in jou hare met ’n haarproduk soos Gary Rom Hairdressing se Expansion Paste.

_____

Eensydig

Justin BieberHoe: Skeer jou hare aan die een kant kort en sowat 8 cm bo en aan die ander kant.

Voorkoms: Dié een is vir mans wat hou van aandag. Justin Bieber en David Beckham is van die bekendes wat hul hare so dra.

Kry dit só: Nadat jy dit stileer het, smeer ’n produk aan wat glans gee en die kapsel in plek hou soos Gary Rom Hairdressing Gloss Fibre.

Vir wie? Die styl word nie aanbeveel vir mans met baie dik en krullerige hare nie.

_____

James Dean

Channing TatumHoe: Hou die hare medium-lengte teen die kante en agter. Bo is die hare twee keer so lank.

Voorkoms: Dié styl het baie volume, maar is netjies genoeg vir die kantoor.

Kry dit sê: Gebruik produkte wat jou hare in plek hou én tekstuur gee.

Vir wie? Ideaal vir hare wat natuurlik effens kartel of krul.

_____

Lang hare

FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Hoe: Hare wat skouerlengte of langer is.

Kry dit só: Hoewel dit tyd neem om uit te groei, verg dit taamlik min onderhoud as dit eers lank is. Gebruik ’n sproei wat jou hare hidreer, soos Gary Rom Hairdressing Mist Hydrate.

Vir wie? Nie ideaal vir mans met dun hare nie, want dit kan vinnig slordig lyk.
 
 

_____

Klassieke vierkant-snit

brad2_200w.jpg FAcebookHoe: Die hare is effens langer teen die kante en bo as agter.

Voorkoms: Baie netjies en nie te trendy nie.

Kry dit só: Gebruik ’n haargom soos Gary Rom Hairdressing Expansion Paste op nat hare. Kam jou hare agteroor en laat dit natuurlik droog word.

Vir wie? Ideaal vir reguit hare – dun of dik.
 

_____

Die Caesar-styl

george_clooney_getty

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Voorkoms: Vir dié wat hou van kort hare.

Kry dit só: Dié haarstyl is baie maklik om te onderhou. Gebruik net ’n produk soos Gary Rom Hairdressing Expansion Paste om die voorkoms af te rond.

Vir wie? Werk vir enige haartipe – gekrul, reguit, dun of dik.

 

 

 

_____

Produkte

Gary Rom mans

Gary Rom Hairdressing Gloss Fibre (R275), Gary Rom Hairdressing Expansion Paste (R245), Gary Rom Hairdressing Mist Hydrate (R215).

Freya Labuschagne FOTO: verskaf

Freya Labuschagne
FOTO: verskaf

 

 

 

*Freya Labuschagne is die kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)

 

 

 

 

 

FOTO’S: Justin Bieber, Twitter | Nick Lachey, Facebook | Jared Leto, Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S | George Clooney, Gallo Images / Getty Images