FOTO: verskaf

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Van sjokolade na karamel op jou hare

Die Gary Rom-span blog vir SARIE.com oor alles wat jy moet weet vir die perfekte kapsel! Kyk net hoe het hulle dié week ’n radiopersoonlikheid se hare gekleur.

Freya Labuschagne, haarstileerder by Gary Rom in Woodlands, Pretoria, het dié week 5fm se Kim Schulze se hare versorg. Sy vertel SARIE.com hoe sy te werk gegaan het om dié nuusleser se sjokoladebruin hare ’n warm skakering van karamel te kleur.

Kim Shulze van 5FM met haar sjokoladebruin hare. Freia het dit in 'n karamelskakering gekleur FOTO: verskaf

Kim Schulze van 5FM met haar sjokoladebruin hare. Freya het dit in ‘n karamel skakering gekleur
FOTO: verskaf

  • Stap 1: ’n Diepreiniging met L’Oréal Efassor en kookwater om Kim se hare van die donker kleur te stroop. L’Oréal Efassor is ’n produk wat haarkleur uit jou hare verwyder.

  • Stap 2: Hierna het ons haar hare vir omtrent 19 minute met Gary Rom Hair Care Amino Therapy behandel. Dié produk versterk jou hare voordat jy dit kleur.

    FOTO: verskaf

    FOTO: verskaf

  • Stap 3: Ons het stroke foelie met L’Oréal Majimeche, ’n ammoniakvrye produk wat sag werk met jou hare, in haar hare gesit om dit stroke met goue strepies te gee.

  • Stap 4:  Die hare wat nie dié goue strepies gekry het nie, is teen die wortels ’n warm, bruin skakering gekleur. Die skakering is perfek vir die winter.

  • Stap 5: Nadat die kleur uit Kim se hare gespoel is, is haar hare met Gary Rom Hair Care Cortex Repair behandel voordat sy onder die K-mist gaan sit het.

    FOTO: verskaf

    FOTO: verskaf

  • Die K-mist is ontwerp om die behandeling langer te laat hou en dieper in jou hare te laat intrek. Dit blaas eers warm stoom om jou haarkutikels oop te maak, daarna koue lug om dit weer te seël.

Só lyk Kim se hare nou:

Só lyk Kim se hare nou. Die karamelskakering is perfek vir die winter FOTO: verskaf

Só lyk Kim se hare nou. Die karamel skakering is perfek vir die winter
FOTO: verskaf

*Freya Labuschagne is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)

Freya Labuschagne FOTO: verskaf

Freya Labuschagne
FOTO: verskaf