FOTO: Instagram @amalia1uys

Skoonheidstories

Die Gary Rom-blog: Wenke vir jou dik, soliede kuif

Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag gee Hannah Berry, haarstilis by Gary Rom Hairdressing The Grove, wenke hoe om ’n dik, soliede kuif te dra.

’n Kuif is ’n briljante manier om jou hele haarstyl te verander sonder om baie van jou hare af te sny. En die dik, soliede kuif is deesdae hoogmode.

Die wenk met dié kuif is om dit nie té kort te sny nie. Die beste lengte is op die wenkbrou en die kante is effens langer. Dít maak jou gesig sagter en beklemtoon jou oë.

Aktrise Zooey Deschanel is iemand wat baie goed lyk met dié tipe kuif. Sy is skoon onherkenbaar daarsonder! Kyk HIER hoe lyk Zooey sonder haar kuif …

Zooey DeschanelVra jou haarstilis om jou kuif op droë hare te sny – dít keer dat jou hare ‘terugspring’ sodra dit droog is en dat jou kuif dan té kort gesny is.

As jy sukkel om jou kuif mooi te stileer, vra jou haarstilis om jou te wys hoe die beste is om dit uit te blaas – dit verseker dat jou kuif keer op keer mooi lyk.

Lees HIER die beste manier om jou hare uit te blaas.

SA aktrise Amalia Uys lyk pragtig met haar kuif

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

FOTO: Instagram @amalia1uys

Lees ook