Alicia Vikander / Instagram
Skoonheidstories

Verklap! Die geheim agter foutlose grimeervoorkomste

Bekendes soos die realiteitster Kim Kardashian en die Oscar-bekroonde aktrise Alicia Vikander word al gekenmerk aan hul grimeervoorkomste. Dié twee sterre dra byna altyd neutrale skakerings op die rooi tapyt – en dit wérk! Wat is hul geheim? Albei weet dat neutrale skakerings hul vel se natuurlike warm ondertoon komplementeer.

Gelukkig is dit baie maklik om ook self jou vel se natuurlike ondertoon te bepaal. Probeer dié slim maniere:

Jou vel se ondertoon kan warm, koel of neutraal wees. Hoewel die kleur van jou gelaat kan verander weens sonblootstelling of velkwessies soos sensitiwiteit en ’n veluitslag, bly jou vel se ondertoon altyd dieselfde.

As jy weet wat jóú velondertoon is, help dit jou om onderlaag-, lipstiffie- en ander grimeerskakerings te kies wat die natuurlikste op jou gelaat gaan lyk. Grimeerskakerings wat nie by jou velondertoon pas nie, kan jou gelaat oranje, pienk of selfs asvaal laat lyk, sê Paula Begoun, skoonheidskenner en skrywer van die boek Don’t Go To The Cosmetics Counter Without Me, op haar webtuiste. Dié loopplank-voorkomste het ons twee keer laat kyk

1. Watter kleur lyk die are onder jou vel?

 Wenk Kyk na die are onder jou vel aan die binnekant van jou pols. As jy sukkel om te bepaal of die kleur van jou are blou of groen is (dit lyk byna blou én groen), dan is jou vel se ondertoon neutraal.

2. In watter modekleure lyk jy die mooiste?

Skoonheid swatches

Wenk Mense met koel ondertone lyk mooi in juweelskakerings. Diegene met ’n warm ondertoon lyk mooi in aardse skakerings. Die gelukkiges wat in byna alle kleure mooi lyk, het ’n neutrale ondertoon.

3. Goue of silwer juwele?

Silwer en goud

Pas jou gunsteling- goue of silwer juwele aan. Silwerkleurige juweliersware lyk gewoonlik mooier by koel ondertone en goudkleurige juweliersware lyk mooier by warm ondertone. As jy goue én silwer juwele kan dra, is jou ondertoon neutraal. (Sien jy die patroon?)

4. Wanneer jy ’n lang dag in die son deurbring . . .

Tan

. . . brand jy vinnig bloedrooi of word jy sonbruin? As jy maklik sonbrand opdoen, het jy heel moontlik meer van ’n koel ondertoon. As jou vel geneig is om eerder sonbruin te word eerder as om rooi te brand, het jy heel moontlik meer van ’n warm ondertoon.

5. Wat is die kleur van jou oë?

Skoonheid agt

Mense met blou, grys of groen oë is geneig om ’n koeler ondertoon te hê. Diegene met bruin of ligbruin (hazel) oë is geneig om ’n warm ondertoon te hê.

Onthou! Jou vel se ondertoon lê gewoonlik op ’n spektrum tussen koel, neutraal en warm en verskil van mens tot mens. Eksperimenteer daarom met warm én koel grimeerskakerings om uit te vind watter kombinasies jou gelaat die beste komplementeer.

 

Bronne: www.bustle.com, www.paulaschoice.com

Vries jy vleis te lank?

  • Jacky

    Julle het vergeet van neutrale ondertoon….