Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova; Model: Roxanne by Boss; Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Skoonheidstories

Die nuwe mooi – Tot siens sonbed

Hier’s jou kans om ou skoonheidsgewoontes te groet en ’n paar nuwes te beproef. Winter se lang dae is ’n goeie tyd.

Selfverbruiner-produkte is tien maal beter as ’n sonbed, ook ideaal vir ’n effense sonbruin voorkoms in die winter. Ál meer vroue raak bewus van die skade wat ’n sonbed aan jou vel kan doen, soos vroeë veroudering en selfs kanker, sê Gina Maskell, vel- en verbruiningskenner van St. Tropez in Suid-Afrika.

Gina se wenke

1) Skilfer jou lyf eers goed af voordat jy ’n selfverbruinerproduk aanwend, want hierdie produkte is geneig om aan dooie selle te “klou” en dan onegalig te lyk.

2) Die maklikste is om ’n sagte handskoen te gebruik sodat die produk egalig aanwend en jou hande nie verkleur nie. As jy die produk met jou hande aanwend, skrop die deel rondom jou naels, die binnekant van jou hande en die dele tussen jou vingers goed skoon ná die tyd.

3) Vee die dele van jou lyf waar die produk geneig is om te versamel, soos jou elmboë, polsgewrigte, voete en hande, sagkens met ’n gesiglappie af. Dié dele is geneig om meer van die produk te absorbeer omdat jou vel hier growwer is.

4) Die produk moet minstens vier uur op jou vel ontwikkel. Wend dan nadat jy gestort het ’n vogroom aan.

5) Wend die verbruiner-produk elke vier dae aan om jou lyf mooi bruin te hou.

6) As jy skrikkerig is vir selfverbruiner-produkte, gebruik ’n vogroom wat jou vel geleidelik verbruin.

Die spuitkop maak dit maklik om Caribbean Tan Self Tan Tan in a Can Instant (R85 vir 200 ml) aan te wend

Die spuitkop maak
dit maklik om Caribbean Tan Self Tan Tan in a Can Instant
(R85 vir 200 ml) aan te wend

Vermy die son en raak veilig sonbruin met Xen-Tan Premium Sunless Tan (R480). Besoek www.xen-tan.co.za

Vermy die son en raak veilig sonbruin met Xen-Tan Premium
Sunless Tan (R480). Besoek www.xen-tan.co.za

Vir ’n natuurlike sonbruin voorkoms, probeer St. Tropez Self Tan Bronzing Mousse (R550). By uitsoektakke van Clicks

Vir ’n natuurlike sonbruin voorkoms, probeer St. Tropez Self Tan Bronzing Mousse (R550). By uitsoektakke van
Clicks

Wend dit daagliks aan om geleidelik ’n sonbruin voorkoms te skep – Dove Summer Glow Nourishing Lotion for Fair to Normal Skin (R33 vir 250 ml)

Wend dit daagliks aan om geleidelik ’n sonbruin voorkoms te
skep – Dove Summer Glow Nourishing Lotion for Fair to Normal Skin
(R33 vir 250 ml)