AzzaroPourElle300x300
Skoonheidstories

Dié parfuum is jou wapen van verleiding

Die Frans-Italiaanse ontwerper Loris Azzaro was van jongs af passievol oor parfuum. Hy’t besluit as hy eendag sy eie geure skep, sou dit “wapens van verleiding” wees. Sy vroueparfuums sou die lae halslyne, hoë splete en glinsterende (en soms deursigtige) materiaal van sy klere-ontwerpe weerspieël: sexy en sensueel. Só was dit toe inderdaad met sy eerste vroueparfuum, Azzaro, ’n verrassende chypre*- en houtgeur wat in 1975 die lig gesien het, en nou weer met Azzaro Pour Elle.

azzarotag3

Dié nuutste toevoeging tot die Azzaro-parfuumversameling is vir ’n vrou vol selfvertroue. Sy’s waaghalsig, speels en bowenal hedonisties. Sy wéét hoe om die lewe te geniet.

Die elegante blomgeur het ’n sensuele gevoel danksy warm Oosterse note. Die note wat jy eerste ruik nadat jy dit aangespuit het, is kardamom en sitrus. Die hart van die parfuum is ’n kombinasie van roos en lelie. Wierook en kasjmierhout in die basis gee diepte.

AzzaroPourElleBottleCrystal300x300

Die hervulbare bottel roep Azzaro se glansryke mode-ontwerpe op met die fyn, blink, silwer detail om die nek. En wanneer die glasbottel die lig net reg vang en weerkaats, herinner dit aan die handelsmerk se winkel in Parys, Frankryk, wat met spieëls verlig is.

Kyk hier na die advertensie

“’n Geur moet áltyd jou mag om te verlei beklemtoon. Wanneer jy dit aanspuit, moet jou maat die reuk wil inadem, aan jou wil raak, na aan jou wil wees.”

– Modeontwerper Loris Azzaro

Het jy geweet?

• ’n Chypre-geur beteken die parfuum het vrugte-topnote, blomnote in die hart en ’n muskus-basis.

• EDP, soos in die geval van Azzaro Pour Elle, staan vir Eau de Parfum. Dié geure bevat ’n hoër konsentrasie parfuum-olie as ’n EDT (Eau de Toilette) en EDC (Eau de Cologne). ’n EDP-geur is dus sterker en hou langer op jou vel.

• Kardamom, wat deel uitmaak van dié parfuum se topnote, is die duurste spesery naas saffraan en vanielje.

AzzaroPourElleBottleB300x300

 

 

Prys vir Azzaro Pour Elle: R475 vir 30 ml, R715 vir 50 ml en R820 vir 75ml