Die reuk van swart rose...
‘Parfuum praat met jou hart...en hopelik met iemand anders'- Elizabeth Taylor, Hollywood-ster.
"Hoe ruik 'n blomwat nie 'n geur het nie?"Dis die vraag waaroor parfumeurs besin wanneer hulle deesdae met 'n nuwe reukwater vorendag wil kom. Die antwoord lê natuurlik iewers in hul verbeelding versteek.
In vandag se parfuumwêreld word 'n geurlose blom as 'n gulde kans gesien om 'n nuwe geurkombinasie te skep. Soos Kate Moss se eerste geur, Kate, waarvan een van die hoofnote 'n swart roos is - 'n blomwaaroor baie tuinboukundiges al eeue lank droom, maar nog nooit kon kweek nie.
Ook die swart orgidee wat Tom Ford spesiaal laat kweek het vir sy parfuum,Tom Ford Black Orchid, is met sy bruin en pers blomblare die donkerste orgidee bekend. Maar ook dié blom is geurloos.
Hierdie tendens het eintlik al soos 'n veldbrand onder ons neuse versprei, want 'n papawer en 'n madeliefie is ook geurloos - anders as wat Marc Jacobs en Kenzo ons sou wou laat glo met hul skeppings Daisy en Flower By Kenzo.
Miskien is dit net 'n kwessie van tyd totdat J.K. Rowling se snargaluff en gillyweed gebottel gaan word, of dalk droom iemand 'n geur op vir J.R.Tolkien se simbelmynë, die wit, klokvormige blomwat net op konings se grafte groei in The Lord of the Rings!
In dié wêreld van parfuums, waar kunstenaars nie ophoudroom nie en wetenskaplikes nie meer perke ken nie, ís enigiets moontlik.
Kate Moss Kate (R350 vir 30 ml EDT)
Tom Ford Black Orchid (R595 vir 30 ml EDP)
Daisy Marc Jacobs (R750 vir 50 ml EDT)
Flower By Kenzo (R820 vir 50 ml EDT. Nou beskikbaar in 'n hervulbare "groen" bottel. Jy kan jou 50 ml-bottel vir R575 by uitsoek-takke van Edgars laat hervul.)
Sover ons weet, is Marc Jacobs die eerste om madeliefies as inspirasie vir geur te gebruik.


Verwante artikels
-
Britney se nuutste parfuum: "Dit laat enige vrou op haar mooiste voel..."
SARIE Augustus 2010
Dis haar 9de parfuum op die rak en Radiance het klaar die wêreld aan die praat.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Jennifer Aniston se eie parfuum - kyk die video van die bekendstelling in Harrods
SARIE - April 2010
Hollywood-liefling Jennifer Aniston sal ná 'n skeppingsproses van 20 maande haar eie parfuum, Lolavie, in April 2010 by Harrods in Londen bekendstel.
-
Kry vir jou man Bruce Willis se parfuum, dis glo die manlikste geur nóg
SARIE Julie 2010
Met al daai aksieflieks op sy kerfstok is dit moeilik om te glo dat Bruce Willis sy eie parfuum het nie.



















Kommentaar