skoonheid taylor swift
Skoonheidstories

Jy grimeer soos Taylor Swift!

Jy hou daarvan om te eksperimenteer met jou grimeervoorkoms en verlaat nooit die huis sonder ’n helder lipstiffie nie – nét soos die pop-sanger Taylor Swift! Lus om jou grimeerroetine dié winter op te kikker? Kyk na Taylor vir inspirasie en eksperimenteer met dié lipstiffie-kleure…

Celebs se vreemde diëte

Dié superster van langsaan word al gekenmerk aan haar helder rooi lippe. Tog bly sy vars en modern deur af en toe ook met ’n treffende pienk skakering of selfs dié seisoen se gewilde donker purper skakerings te spog.

 

Kikker jou winter op met dié smeulende lipstiffie kleure:

Die seisoen se ster-lipkleure het ondertone van rooiwyn en sjokolade. Hoe donkerder en smeulender, hoe beter. Dink aan rooi en pers skakerings wat herinner aan roes of ryp bessies. Omdat dié kleure ’n warm ondertoon het, lyk dit mooi by ’n donker of ligte velkleur én dit pas by enige oogkleur. Jou lippe doen die praatwerk, dus hoef jy  nie veel meer as ’n bietjie maskara, oogomlyner en verbronser daarby aan te wend nie.

 

Lipstiffie wenke

• Bevog jou lippe met ’n goeie lipsalf sodat dit glad en sag is.

• Gebruik altyd ook ’n lipomlyner wanneer jy ’n lipstiffie met intense kleur dra. Dit gee definisie aan jou lippe en skep ’n “skoner” voorkoms omdat jou lipstiffie nie sal “bloei” nie.

• Om jou lipstiffie sagter en effens ingeleef te laat lyk, wend met jou ringvinger jou lipstiffie oor jou onderlip aan vir ’n tikkie kleur. Wend dan ’n deursigtige lipglans (of lip ice) aan jou bo-lip en pers jou lippe saam om die kleur sagkens te versprei.

 

Taylor op die rooi tapyt:

 

 

 

Probeer dié produkte:

M.A.C Lipstick in Studded Kiss (R220) of Estée Lauder Pure Color Envy Liquid Lip Potion in True Liar (R295)

Clarins Instant Light Lip Balm Perfector (R275)

InstantLightLipBalm-SML

Klik HIER en voltooi ons vraelys om uit te vind soos watter bekende jy graag grimeer

KLIK OP DIE FACEBOOK-KNOPPIE HIERONDER OM MET JOU VRIENDE TE DEEL

Maak só jou eie koekiestempel!