Skoonheidstories

Velskade: son en besoedeling dalk ewe erg

Vir jare al kyk ons na die son as een van die grootste sondaars wat jou vel se jeugdigheid steel. Maar nou lyk dit asof daar nóg ’n vyand is wat net so ’n groot rol by velveroudering speel: osoon-besoedeling.

Is osoon-besoedeling werklik so skadelik vir my vel?

Osoon is ’n gas en die hoofbestanddeel in stedelike rookmis. Dié besoedeling kan jou velwand beskadig en lei tot oksidasie-skade**, volgens die velsorghuis SkinCeuticals. Omdat jou vel dan ekstra hard moet werk om dié skade teen te werk, het dit minder kapasiteit om homself te herstel. Dít kan veroorsaak dat plooie en fyn lyntjies vinniger vorm, jou vel voortydig fermheid verloor, chronies rooi en sensitief is en jou veltekstuur growwer is, volgens die velsorghuis.

#NYC: Beautiful skylines The smog, on the other hand …Luckily, #PREVAGE #CitySmart has me covered to take on the city!

A photo posted by Elizabeth Arden (@elizabetharden) on

Gelukkig is daar oplossings …

* ’n Sonskerm met ’n hoë SBF en ’n produk met goeiegehalte-antioksidante, wat vry radikale op die boonste laag van jou vel neutraliseer, behoort deel van jou velsorgroetine te wees. Veral as jy in ’n stad woon of werk.

* Kyk uit vir maskers, serums en vogrome wat bestanddele soos vitamien A, C en E, resveratrol en feruliensuur bevat.

* Daarby is dit belangrik om saans jou vel goed skoon te maak om te verseker dat enige besoedelingsdeeltjies wat nog daaraan klou, behoorlik verwyder word.

Wenk: Rookmis word gewoonlik die ergste vasgevang in stedelike gebiede met hoë geboue en baie verkeer. Vermy dit om in veral dié dele van die stad jou motorvenster oop te maak of jou motorlugversorging aan te sit om blootstelling aan die rookmis te verminder.

Het jy geweet?

**Dít is hoe oksidasie-skade werk: In ons daaglikse lewe skep en gebruik jou selle energie. Tydens dié proses ruil molekules elektrone uit en sommige molekules verloor elektrone in die proses. ’n Molekule met een minder elektron is onstabiel, word ’n vry radikaal wat ander molekules aanval om ’n elektron te probeer terugkry en beskadig op dié manier jou jou lyf (en vel), verduidelik Cameron Diaz in haar nuwe boek, The Longevity Book (Harper Collins, R479). Antioksidante beskerm jou selle deur hul elektrone af te staan aan vry radikale en dit só te stabiliseer.

 

Dié produkte help om besoedelingskade op jou vel teen te werk:

Sorbet Age Affect Velvet Brush Cleanser (R200)

Dis die moeite werd om ’n gesigborsel aan te skaf, want dit maak jou vel goed skoon. Dié borselkop se fyn diggepakte haartjies werk sagkens om jou porieë oop te maak en vuilheid te verwyder en gee ook jou vel se bloedsirkulasie ’n hupstoot. By Clicks

Estée Lauder NightWear Plus 3-Minute Detox Mask (R595) en Anti-Oxidant Night Detox Crème (R750 vir 50 ml)

Die kleimasker, wat jy net vir drie minute ophou, trek onsuiwerhede uit en die nagroom bevat antioksidante wat velskade snags teenwerk.

SkinCeuticals CE Ferulic (R2 126)

Dié serum bevat puik antioksidante soos vitamien C en E en feruliensuur. Besoek www.skinceuticals-za.com

BioNike Defence Elixage Satin R3 (R645)

Die BioNike Elixage-reeks is ontwikkel om oksidasieskade teen te werk. Probeer dié vogroom. By Dis-Chem

Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging Moisture Lotion Broad Spectrum Sunscreen SPF 30 (R1 395)

Die sonskerm het ’n ligte tekstuur en vorm ’n beskermende lagie oor jou vel.

Bykomende bronne: www.telegraph.co.uk

Lees nou

4 slim maniere om jou parfuum te rek

Kan jy die ballerina tussen die flaminke vind?