Skoonheidstories

Dís hoekom jy jou hare twee keer moet was

Jou sjampoebottel se bekende aanwysing lui “lather, rinse and repeat”, maar min van ons herhaal inderdaad ons sjampoe-roetine. Tog, wanneer jy die haarsalon besoek, word jou hare byna altyd ’n tweede keer gewas. Ja, om jou hare ’n tweede keer te sjampoe is dalk belangriker as wat jy dink …

Met die eerste sjampoe word al die olies, vuiheid en haarstileringsprodukte wat by jou haarwortels opgebou het, opgelos en “los” gemaak, berig The Huffington Post aanlyn. Maar dié eerste was is dikwels nie genoeg om al die onsuiwerhede  doeltreffend uit jou hare te verwyder nie, veral as jy nie jou hare daagliks was nie of ’n sulfaatvrye sjampoe gebruik. Die onsuiwerhede wat agterbly kan met verloop van tyd jou kopvel irriteer of selfs binne-in die haarfollikels gaan lê en tot droë vlokkies of ’n uitslag op jou kopvel lei. As jy jou hare ’n tweede keer sjampoe, word jou kopvel volledig skoongemaak. Dit help ook die aktiewe bestanddele in jou sjampoe om beter te werk, sê Gary Rom, haarstileerder en eienaar van die Gary Rom-haarsalongroep, aanlyn.

Deur jou kopvel doeltreffend skoon te maak, help jy jou haarstyl om langer te hou en dit duur langer voordat jou hare weer olierig word. Jou hare is ook geneig om meer volume te hê.

Vermy egter ’n tweede sjampoe as jy daagliks jou hare was. As jy elke dag jou hare ’n tweede keer sjampoe, kan jou kopvel van te veel natuurlike olies gestroop word. Dit kan veroorsaak dat jou kopvel net nog meer olie vervaardig. Onthou ook om altyd ’n bevogtigende opknapper op jou haarpunte te gebruik.

Dié sjampoes is nuut op die rak:

Gary Rom Haircare Summer Kiss Shampoo (R285). By Gary Rom-haarsalonne

Noughty To The Rescue Moisture Boost Shampoo (R120)

Hask Charcoal Purifying Shampoo (R140). By Clicks

Bronne: www.huffingtonpost.com, www.allure.com, www.garyromhaircare.co.za

Lees nou

6 grimeertruuks vir jonger lyk

Oefeninge vir fermer arms