Ivanka in 2013 met baba Joseph
FOTO Instagram / @ivankatrump

Ivanka in 2013 met baba Joseph FOTO Instagram / @ivankatrump

Hieroor praat mense

Dis tyd! Pak dít in as jy hospitaal toe gaan, sê Ivanka Trump

Lank gedroom, maande se voorbereiding, en nou is die ooievaar uiteindelik hier! Maak seker dat jou hospitaalsak vroegtydig gepak is …

Slaapklere, ’n borsvoedbra, onderklere, badgoed, grimering, snacks, jou selfoonlaaier, mediesefondskaart, ID-boekie, doeke, wipes, babaklere, kombersies … daar’s soveel om te onthou om in te pak voordat jy kraam.

Pak al die nodigste in en hopelik is daar nog plek vir bederfgoed. Want jy weet nie altyd hoe lank jy in die hospitaal gaan wees nie, en jy kan net sowel in dié tyd lekker gemaklik wees en op jou mooiste voel!

Die nuwe “eerste dogter” van Amerika, Ivanka Trump, deel op Who What Wear wat sy besluit het om hospitaal toe te neem. En dit verg mooi dink, want “jy wil genoeg vat, maar ook nie te veel nie. Jy wil omring wees deur jou gunsteling-goed, maar niks so kosbaar dat jy hartseer gaan wees as dit breek of wegraak nie”, is haar raad.

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

 

Dié sakevrou en ma van drie het nie die luukshede vergeet vir die geboorte van haar jongste, Theodore, nie:

• Tata Harper Hydrating Floral Essence-125ml ($89). ’n Ligte gesigsproei om die droë hospitaallug hok te slaan. Dis verfrissend en die geur laat die kamer minder steriel voel.

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, beveel aan: Me & Youth Quick Makeup Fix (R250). Gebruik dié gesigsproei met strelende aalwyn- en komkommer-ekstrak ook om jou vel te verfris en te bevog al dra jy nie grimering nie. Beskikbaar by uitsoeksalonne of besoek www.meandyouth.com

Me&Youth_Bottle_Alpha

 

• Glossier Balm Dotcom ($12). Dié intensiewe vogroom hidreer die lippe en droë naels.

Charis beveel aan: Elizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant Original (R265). Jy kan dié room gebruik om jou vel, lippe én hande te bevog.

EElizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant[1]

 

• ’n Gemaklike kamerjas.

SARIE se modeassistent, Magdel Muller, beveel aan: Een van Poetry se kamerjasse (R650). Dis mooi en die materiaal is luuks! Koop dit in hul winkels of aanlyn HIER.

1243963375

 

• Niemand sê hoe koud jou voete word nie! Pak dik, sagte sokkies in. Pantoffels is ook belangrik as jy moet rondloop.

As jy ’n aanhanger is, wees op die uitkyk vir Ivanka se boek Women Who Work: Rewriting the Rules for Success wat later vanjaar bekendgestel word.

Kry ook mooi swangerskapsklere in die SARIE-winkel binne Spree.

spree swangerskapdrag

Lees nou

Steve Hofmeyr en Janine is swanger!

Swanger bo 40: Is daar risiko’s?

En lees ook 5 dinge wat jy nie van Ivanka Trump geweet het nie