Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova;
Model: Roxanne by Boss;
Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova; Model: Roxanne by Boss; Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Skoonheidstories

Droë olies – wat dit vir jou hare doen

’n Droë olie vir jou hare het dieselfde uitwerking as een vir jou vel, volgens Cassandra Taylor, navorsing- en Produkontwikkelingsbestuurder van Unilever se haarafdeling in SA.

Lees hier oor die uitwerking van droë olie op jou vel

“Dit absorbeer makliker en die syagtige tekstuur sorg dat hare nie swaar voel nie.”

Die meeste haarolies bevat natuurlike olie soos klapper, jojoba en makadamia omdat dit voordele bied soos om jou hare te versterk of die elastisiteit te verbeter. Dié olies is swaarder en geneig om op die oppervlak van jou hare te lê. Om ’n droë olie daardie ligte tekstuur te gee, word natuurlike olies met ander bestanddele soos mineraalolie (’n neweproduk van petroleum) en silikon gekombineer sodat dit makliker deur jou hare geabsorbeer word, sê Cassandra.

Hoe gebruik jy dit?

  • Vanweë droë olie se ligte tekstuur kan jy dit vir verskeie doeleindes aanwend. Wend dit aan jou hare vir ’n uur of so (of selfs oornag) vir ’n voedende haarbehandeling. As jy deur die week ’n haarmasker gebruik, meng ’n bietjie olie met die masker vir ’n ekstra vog-inspuiting.
  • Wend ’n bietjie droë olie aan jou hare voordat jy dit droogblaas. Dit seël die kutikels (die buitenste deel van jou hare wat soos skubbe oormekaar lê) en voorkom só dat jou hare vog van binne verloor.
  • Gebruik dit as stileerproduk nadat jy jou hare drooggeblaas het om fyn hare en woeste krullerigheid in toom te hou.

Probeer dié produkte