Skoonheidstories

Edelvelsorg

Eeue lank het beskawings geglo edelgesteentes het tower-eienskappe. Skoonheidshuise soos La Mer sien nou dié energiegewende aard van skaars stene raak: “Edelgesteentes is ryk aan minerale en energie en help jou vel om voedende bestanddele in skoonheidsprodukte te absorbeer,” sê Kerry Evans, handelsmerkbestuurder van La Mer in SA.

Ferm met hematiet
Die vel om jou oë is drie keer dunner as enige ander deel van jou vel en is daarom meer vatbaar vir die gevolge van stres en omgewingsfaktore. Hematiet (’n blink mineraal) is bekend vir sy magnetiese energie en kan die sigbare verlies van fermheid teenwerk.Dit help o
ok teen donker kringe en pofferigheid.
1 Hematiet in
La Mer The Eye Concentrate (R1 650) dreineer vog wat onder jou oë opbou met behulp van ’n silwer aanwendingstokkie.

Malagiet vir lewenskrag
Hierdie verhelderende mineraal het die vermoë om natuurlike wit lig te absorbeer en gee dus energie aan ’n moeë vel.“Wit lig word deur malagiet geabsorbeer en verander in weerkaatsende groen lig. Dié groen lig is bekend vir sy suiwerende effek en word aan jou vel oorgedra wanneer die room aangewend word,” verduidelik Andy Bevacqua, vise-president van korporatiewe produkontwikkeling by
Max Huber-laboratoriums (R1 650) is groen soos die Brasiliaanse malagiet waarmee dit verryk is. Die kleur help om velrooiheid te verminder, terwyl see-ekstrakte donker kringe beveg.

Diamantglad
Fyn diamantstukkies in skoonheidsprodukte sorg vir ’n luukse-gesigbehandeling wat jou vel gladder en helderder laat lyk. Diamantpoeier is ook ’n skropmiddel wat bloedsirkulasie verbeter en jou vel laat herontwaak.
3 Daar is byna 2 karaat-diamant-stukkies in La Mer The Refining Facial (R975).

Pêrelkrag
Pêrelpoeier se helende eienskappe word ingespan om jou vel te voed en op te knap. In reinigers help mineraalryke olies om onsuiwerhede en grimering sagkens van jou vel te verwyder.
4 Toermalyn en pêrelpoeier vorm ’n kragtige kombinasie in La Mer The Cleansing Fluid (R795), maar stroop nie die vel van natuurlike olies nie.

Energieke toermalyn
Dié mineraal bring energie vir ’n moeë vel. “Toermalyn in ’n room stel energie vry wanneer jy dit aansmeer.
Dit vernuwe jou vel. “Toermalyn maak ook die ander bestanddele in die room doeltreffender,” verduidelik Andy Bevacqua.
5 Gee jou hande nuwe lewe met
La Mer The Hand Treatment (R850) – dis verryk met toermalyn.

Dít maak my mooi

Die aktrise Anel Alexander verklap wat háár mooi laat voel.
Waarna soek jy in ’n skoonheidsproduk?
As aktrise word my vel gereeld blootgestel aan uiterstes: baie grimering, skerp ligte, son, wind en weer. Dis vir my belangrik dat velprodukte nie net my vel reinig en herstel ná al die ruwe behandeling nie,
maar ook voed.
Wat is ’n moet in jou skoonheidsroetine?
Die eerste is dat daar ’n roetine moet wéés. Maak nie saak hoe moeg ek is of hoe laat (of vroeg!) ek by  die huis kom nie, ek was altyd my gesig. Ook belangrik vir my en my sproetgesig is sonbeskerming: Ek gaan nie uit die huis sonder ’n SBF op my gesig nie.
Wanneer voel jy mooi?
Ek doen liefdadigheidswerk vir The Beautiful Life Project, wat daarop fokus om vroue op te hef en te help om hul ware skoonheid te ontdek. Deur ons werk met vroue uit verskillende ouderdomsgroepe, klasse en rasse het ek besef daar is een basiese behoefte wat ons almal deel:
Om as mooi beskou te word. Ek het geleer dat geen hoeveelheid Botoks of rome of juwele jou gaan help om mooi te voel as jy nie in jou hart oukei is met wie jy is en spesifiek met hoe jy lyk nie. Ek voel op my  mooiste wanneer ek oukei is met myself, content . . . dis maar ’n proses, hoor!
Wat is jou  gunstelingedelsteen en waarom?
Hmm, ek weet nie, ek kon nog nooit regtig edelstene bekostig nie! Ek hou van ’n diamant; daar is iets  geweldig suiwers en eenvoudigs maar tog koninkliks omtrent dié steen.

*Anel verjaar op 26 November en haar geboortesteen is die geel topaas, wat lojaliteit simboliseer.
Sy is een van LaMer se plaaslike ambassadeurs.