Skoonheidstories

Een haarlengte vele opsies

‘Die shaggy kuif, soos supermodel Kate Moss (regs) dit nou dra, werk goed by dié lengte. Dis maklik om te stileer, want dit móét deurmekaar lyk,” sê grimeerkunstenaar en haarstilis Lesley Whitby. “En as jy vinnig jou voorkoms drasties wil verander, is jou hare die plek om te begin!”

Nommerpas vir warm dae
“Die tussen-in styl is oral! Met al die nuwe produkte op die mark kan jy byna enigiets daarmee doen.” Brenda Janse van Rensburg, GHD-streekopleier.

Sny dit só
4-5 cm langer as skouerlengte. Dié styl het nou minder lae as twee jaar gelede. “Dis taamlik stomp – dit het steeds tekstuur, maar is nie uitgedun by die punte nie. ’n Reguit kuif is modieus mits dit jou persoonlikheid pas,” sê haarstilis Karen van Wyngaard.

Styl

Gekartelde hare uit die 40’s en skulpkrulle (pin-curls) is twee moet-hê-style vir mediumlengte hare, sê Brenda van GHD. “Die geheim van ou-Hollywood-kartels is om die GHD-stileerder by die wortel om jou hare te draai en dit reguit af te trek (so 4 cm). Dan draai jy die stileerder in die teenoorgestelde rigting. Herhaal tot jy by die punte van jou hare kom. Die resultaat is sagte, natuurlike krulle.”

 

Broos en kroeserige hare sal baat vind by Schwarzkopf Style Hairtherapy Smoothing Milk – dit hou wilde hare in toom en sysag. Ook die vlegsel is in dié somer, met vele variasies – veral bo-oor jou kop soos aktrise Sienna Miller.

 

Sienna Miller

 

•    Keer dat jou hare in hoë humiditeit kroes me PAUL MITCHELL SMOOTHING SUPER SKINNY

      RELAXING BALM.
•    Beskerm jou hare as jy met hitte stileer met TRESEMMÉ HEAT DEFENCE STYLING SPRAY SMOOTH.
•    Stileer ’n kort kapsel met OSIS+MATT EXPLOSION MATTIFYING SPRAY. Dit spuit maklik aan en hou

      jou hare ferm in posisie.
•    Gee fyn hare volume met VO5 VOLUME & LIFT VOLUMISING SPRITZ. Dit lig jou hare van die

      wortels af.
•    Skep mooi gedefinieerde krulle met GHD OBEDIENCE CREAM FOR FRIZZ-FREE STYLING. Dit

      beskerm jou hare teen die son met sonneblomsaad-ekstrak.

 

 

Kleur

Blond vir somer – veral ’n baie ligte, goue blond. Brunette dra weer amber en goue skakerings.  Kleur het steeds dimensie, al is baie ligstrepies nie meer hoogmode nie, sê  stilis Terence Terenzo. “Ek deel die hare in drie panele en kleur elkeen ’n ander skakering: ’n donker blond saam met ’n warmer, geler blond én ’n ligter, koel skakering. Omdat die kleure so na aan mekaar is, gee dit subtiele dimensie. Dis vroulik, sag en sexy.”

 

Scarlett Johansson

 

Kleur jou grys weg sonder om jou hare te beskadig met Garnier Nutrisse Cream Nourishing Permanent Hair Colour. Dit bevat vrugte-olies wat hare beskerm en kleur versterk.

Keer dat die son jou hare beskadig met L’Oréal Elvive Illuminating Serum Colour Protect. Dit beskerm hare teen UV-strale en sorg dat gekleurde harelanger glinster.

 

Regte behandeling 
Terence Terenzo sê vroue vergeet maklik van die skade wat die son en haardroërs kan aanrig. “Water is ook nie goed vir jou harenie, want dit het ’n pH van 7,5 terwyl jou haresenatuurlike pH 4,5 is.” Redken-produkte is ontwikkel om die suurbalans in jou haretereguleer.“L’Oréal se Professional Absolute Repair is ook ’n salonbehandeling wat hare sysag laat voel.”

 

HET JY GEWEET?

Wanneer die ekonomie swak is, dra vroue hul hare korter as in bloeitye. Susanna Sallstrom-Matthew, kultuur-ekonoom by Cambridge-universiteit, het aan die Britse Daily Mail vertel dat mense in moeilike tye eerder visuele plesier as materiële genot soek. Ons kies dan ’n korter haarstyl met meer variasie.