Skoonheidstories

Een produk, twee (of meer) gebruike – spaar in jou skoonheidskas!

Die ekonomie knyp dalk, maar met slim wenke en skoonheidsprodukte wat ekstra hard werk hoef jy nie jou sente om te draai nie. Hiér is van ons top-keuses van veeldoelige produkte, plus ons deel ’n paar idees vir ’n meer bekostigbare skoonheidsroetine.

Reinig + bevog

Vereenvoudig jou velsorgroetine deur olie of miselwater as reinigers in te span en uit te kyk vir ’n vogroom met die voordele van ’n gesigmasker.

*Miselwater-tegnologie – ’n reinigingsformule wat bestaan uit klein olie-molekules (miselle) wat in water voorkom – is bekostigbaar omdat dit grimering én vuilheid op jou vel oplos en verwyder wanneer jy dit gebruik. Jy het dus nie ’n aparte grimeerverwyderingsproduk nodig nie.

*Buiten dat jy olie kan gebruik om jou vel doeltreffend te reinig en te bevog, kan jy dit ook inspan as ’n afskilferaar, voedende haarmasker of verligter (tik net ’n klein bietjie liggies op jou wangbene en in die binnehoeke van jou oë nadat jy grimeer het).

* Indien jy ’n intens bevogtigende masker-en-nagroom-ineen gebruik, hoef jy nie ’n ekstra masker te koop om ’n droë vel te bevog nie.

#TipTuesday: Spritz #EightHour Oil on your legs to get a sultry shine that lasts all day.

A photo posted by Elizabeth Arden (@elizabetharden) on

 

Verbloem + bedek

Kyk uit vir produkte wat ’n basislaag, verbloemer en onderlaag ineen is. CC-rome met ’n SBF bevog en bedek jou vel én beskerm dit teen die son.

Kleur wange + lippe + oë

Met ’n bietjie kreatiwiteit het jy net ’n handjievol grimeerprodukte nodig om ’n hele paar vookomste te skep. Probeer dié slim wenke …

*Kies ’n oogskadu-palet met neutrale skakerings wat sommer ook as ’n wenkbroupoeier kan dien.

*Met ’n verbronser kan jy ’n songloed-vel skep, en jy kan dit as oogskadu inspan.

*Jy kan selfs ’n koraalkleurige lipstiffie as roomblosser op jou wange gebruik.

*Probeer grimpeerpotlode vir jou oë, lippe, wange en vel. Jy het dan nie grimeerborsels ook nodig nie. Jy skakeer dit sommer met jou vingers.

Deel ’n geur met hom

Met uniseks-geure wat deesdae so ’n groot tendens is, hoekom nie ’n parfuum met jou maat deel en sommer ook geld spaar nie?

Wenk: As jy wil hê jou parfuum moet langer hou, bêre dit in ’n koel, donker plek. Lig bederf die parfuum, veral direkte sonlig. Moet dit ook nie op ’n plek hou waar die temperatuur gereeld skommel, soos in jou badkamer of kar, nie. Die wisseling in temperatuur vernietig die molekulêre struktuur van die parfuum en beïnvloed die geur, volgens die webwerf www.perfume.org.

Probeer dié staatmaker-produkte:

1. Clinique Moisture Surge Overnight Mask (R470)

Wend die bevogtigende masker saans aan sonder om dit weer af te spoel.

2. Elizabeth Arden Eight Hour Cream All-Over Miracle Oil (R385)

Een olie vir jou hele lyf! Bevog jou lyf en gesig of smeer ’n bietjie aan jou hare vir ekstra glans.

3. Garnier Micellar Extra-Gentle Cleansing Wipes (R80)

Gebruik dié gesiglappies om jou vel vinnig en maklik skoon te vee voordat jy gaan slaap.

4. Max Factor Face Finity All Day Flawless 3 in 1 Foundation SPF 20 (R260)

Die alles-in-een-onderlaag verdoesel merkies en knoppies, hou lank op jou vel en sorg vir ’n gladde gelaat. By Clicks

5. Revlon Colorstay 2-in-1 Compact Makeup & Concealer (R299)

Dié roomonderlaag word saam met ’n klein verbloemer verpak wat een skakering ligter as die onderlaag is.

6. Eucerin Sun Creme Tinted CC Creme SPF 50+ (R200)

Buiten ’n SBF van 50 bevat die formule kleurpigmente wat jou vel ook liggies bedek. Jy kan dus maar die onderlaag los!

7. Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Fairfax Fuchsia (R320)

Die romerige formule gly maklik oor jou wange en lippe vir ’n vars voorkoms.

8. Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting EyeShadow 5-Color Palette in Ivory Power (R775)

Die donkerste skakering kan jy selfs op jou wenkbroue gebruik.

9. Max Factor Bronzing Powder (R156)

Wend dit bo-oor onderlaag vir ’n dieper songloed en tik ’n bietjie op jou ooglede. By Clicks

10. Urban Decay Vice Lipstick in Snitch (R215)

’n Deursigtige koraalskakering perfek vir jou lippe en wange.

11. Clinique Chubby Stick Shadow Tint for Eyes in Curvaceous Coal (R290)

As jy hou van minimale grimering, het jy nie veel meer as ’n potlood-oogskadu, -blosser en -verligter in jou grimeersakkie nodig nie.

12. CK2 (R835 vir 50 ml EDT)

Die mode- en skoonheidshuis Calvin Klein beskryf dié nuwe parfuum as ’n geslagsvrye geur. Dit het note soos wasabi, geel nartjie en kuskusgras.

 

Mood: Ready for the weekend with #LipstickEnvy in Neon Azalea.

A photo posted by Estée Lauder (@esteelauder) on

Lees nou

Kies die regte lob-haarsnit vir jóú

Kylie Jenner nou ’n blondine (en dis nié ’n pruik nie!)