Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in 'n bottel
Foto’s: verskaf deur Estée Lauder Galery
Dié ikoniese klein bruin botteltjie spog ook nou met 'n splinternuwe webtuiste.
Michélle van Breda het in New York met Estée Lauder se uittredende hoof-wetenskaplike, dr. Daniel Maes, gepraat oor die nuwe weergawe van dié tegnologies gevorderde produk − een van die trotsste van sy loopbaan − en oor die belang van tyd in skoonheid vandag. Lees in die Augustus-uitgawe, vanaf 6 Julie te koop, meer hieroor.
'n sarie.com-eksklusief!
Dr. Maes verklap sy 3 skoonheidsgeheime
1. Reinig reg
Dr. Maes glo: Gebruik ’n sagte reiniger. Vroue oorreinig en gebruik aggressiewe produkte (veral dié wat te veel skuim), wat inflammasie veroorsaak. Só ’n reiniger verminder die effektiwiteit van jou vogroom met tot 30%, want die vel gaan oor in beskermingsmodus.
2. Beskerm bedags
Dr. Maes: Maak seker jou vogroom bevat ’n SBF om jou vel teen die son te beskerm, asook antioksidante teen veroudering.
3. Herstel snags
Dr. Maes: Nou’s die tyd vir ’n serum en ’n goeie nagroom wat herstel. Maar beoefen matigheid – vroue gebruik eenvoudig te veel van ’n produk! Jy wend net ’n paar kolletjies room aan en dan smeer jy dit eweredig in. Dis al, so eenvoudig.
Besoek die nuwe www.littlebrownbottle.co.za en kyk in 3 maklike stappe of jóú vel te vinnig verouder.
DIE LEWENSLOOP VAN DIÉ IKONIESE KLEIN BRUIN BOTTELTJIE
|
|
1982 Night Repair Cellular Recovery Complex
|
![]() |
1991 Advanced Night Repair Protective Recovery Complex
|
|
|
2002 Advanced Night Repair Eye Recovery Complex
|
![]() |
2007 Advanced Night Repair Concentrate Recovery Boosting Treatment
|
![]() |
2009 Advanced Night Repair (ANR)
|
Het jy geweet?
Die wêreldberoemde en hoogs begeerlike klein bruin botteltjie van Advanced Night Repair (ANR) huisves ’n produk wat met vele eerstes kan spog:
• Eerste herstelproduk
Die bekendstelling van Night Repair in 1982 het die nagtelike herstel-kategorie in velsorg ingelui. Die oorspronklike patent is vir $10 gekoop.
• Eerste serum
’n Liggewig-produk soos hierdie “serum” was nie in daardie jare bekend nie.
• Eerste om ’n bruin botteltjie te gebruik
Die bottel is ontwerp om te herinner aan outydse apteek-bottels, om die produk se ernstige velsorg-instelling te weerspieël. Die bruin glaskleur beskerm ook die bestanddele teen lig.
• Eerste om hialuroonsuur te gebruik
Mev. Estée Lauder was ’n pionier in die gebruik van dié bestanddeel. Die Estée Lauder-handelsmerk was die eerste wat hialuroonsuur se voordele ontdek het, en was ook die enigste skoonheidsmaatskappy wat in daardie jare kon bekostig om dit aan te koop.
Nog het-jy-geweets
In een jaar het Estée Lauder wêreldwyd 1 629 199 bottels ANR serum verkoop. (Bron: Interne verkoopsdata, begrotingsjaar 2008)
Dis gelyk aan sowat:
4 464 bottels per dag
186 bottels per uur
3 bottels per minuut
Êrens ter wêreld is daar feitlik te alle tye iemand wat een van die produkte in die Advanced Night Repair-reeks koop. As verkope van Estée Lauder se Advanced Night Repair Eye Recovery Complex, Advanced Night Repair Concentrate Recovery Boosting Treatment en Advanced Night Repair Whitening Recovery Complex by die verkoopsyfer van ANR serum getel word, styg die hoeveelheid ANR-produkte wat per jaar verkoop word na 3 006 095!
Dis gelyk aan sowat:
8 236 bottels per dag
343 bottels per uur
5,7 bottels elke minuut!
* Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex is van 13 Julie in Edgars-takke beskikbaar, en van 20 Julie landwyd, teen R435 (30 ml) en R575 (50 ml).
Verwante artikels
-
5 grimeerwenke om te onthou
SARIE - Augustus 2009
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
-
Aerin Lauder se nuwe geur
SARIE - Desember 2009
Aerin Lauder, kleindogter van Estée Lauder, het ’n parfuumformule ontdek wat haar ouma onvoltooid gelaat het.
-
Agter die skerms met supermodel Hilary Rhoda
SARIE - September 2009
Op 22 het Hilary Rhoda die modewêreld aan haar voete.
-
Die lewensverhaal van 'n parfuum
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
In die 1920’s was parfuums gewoonlik eenvoudige samestellings gegrond op een blomgeur. Maar Coco Chanel het gesê: “Ek wil vir vroue ’n kunsmatige parfuum gee, soos ’n rok, iets wat gemáák is.”
-
Estée Lauder se 'familie' brei weer uit!
SARIE - Januarie 2011
Estée Lauder se 'familie' word al groter met die aansluiting van 'n nuwe gesig by die modelle wat hul produkreeks adverteer.
-
Kyk waar kuier Michélle van Breda, SARIE-redakteur!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 3
Sy neem ons saam op 'n spesiale kuiertjie in die Hamptons buite New York.
-
Michélle op pad na Lily Pond-weg: gesogte adres van die Lauders, Martha Stewart en Jackie Kennedy se grootouers
SARIE Julie 2010
Michélle se eerste dag in East Hampton - dáár waar die rykes rus en vrede vind...
-
Partytjieseisoen is om die draai - lyk só op jou beste
SARIE - November 2009
Die partytjieseisoen is om die draai en dis nie altyd so maklik om op jou beste te lyk as jy die vorige aand laat in die bed gekom het nie!
-
Stop die horlosie!
SARIE - Oktober 2009
Kenners lig die sluier oor ons velsondes. Goeie nuus is jy kán keer dat jou voorkoms daaronder ly.
-
Supermodel Hilary Rhoda se wêreld van glans
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1
Lank, slank en so Amerikaans soos appeltert en room: Op 22 het Hilary Rhoda die modewêreld aan haar voete. As daar ook teleurstellings en hartseer is, verklap dié 5 voet 11-supermodel niks nie



























Kommentaar
Maryke van SARIE het gesê:
Hi Lorette Estée Lauder het laat weet dat jy dalk net 'n klein bietjie op jou sensitiewe vel moet toets. Maak sommer 'n draai by een van hul toonbanke en verduidelik jou situasie. Omdat jy geneig is tot ekseem, mag jou vel dalk bietjie tintel. Die produk behoort juis goed te werk vir 'n sensitiewe vel. Laat weet asb hoe dit gegaan het.
16de Jul. 2009, 12:16Lorette Terry het gesê:
Die vraag is - kan ek met my baie sensitiewe wel wat neig om ekseem te kry dit ook gebruik, want die fyn lyntjies en fronslyne word nou duidelik.
14de Jul. 2009, 13:54Heila het gesê:
Ek gebruik Estee Lauder soos ek my Bybel lees - baie jare al, elke dag getrou! Van die vrouens vra wanneer of waar het ek gegaan vir n 'face-lift' - ek het nog nooit een gehad nie en met Estee lauder se Night Repair,ens het ek dit beslis nie nodig nie. (hulle hoef seker nie my geheim te weet nie?!)
13de Jul. 2009, 22:09Loraine snyman het gesê:
Ek is n 56jarige vrou wat nou puisies kry , dit sit soos n doorn vir maande sukkel ek on ontsla te raak van dit. Het u raad vir my.hou baie van Estee se produkte maar ny vel bly die selfde. Groete Loraine
12de Jul. 2009, 20:54