anr
Skoonheidstories

Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in ‘n bottel

Michélle van Breda het in New York met Estée Lauder se uittredende hoof-wetenskaplike, dr. Daniel Maes, gepraat oor die nuwe weergawe van dié tegnologies gevorderde produk − een van die trotsste van sy loopbaan − en oor die belang van tyd in skoonheid vandag. Lees in die Augustus-uitgawe, vanaf 6 Julie te koop, meer hieroor.

‘n sarie.com-eksklusief!

Dr. Maes verklap sy 3 skoonheidsgeheime

1. Reinig reg
Dr. Maes glo: Gebruik ’n sagte reiniger. Vroue oorreinig en gebruik aggressiewe produkte (veral dié wat te veel skuim), wat inflammasie veroorsaak. Só ’n reiniger verminder die effektiwiteit van jou vogroom met tot 30%, want die vel gaan oor in beskermingsmodus.

2. Beskerm bedags
Dr. Maes: Maak seker jou vogroom bevat ’n SBF om jou vel teen die son te beskerm, asook antioksidante teen veroudering.

3. Herstel snags
Dr. Maes: Nou’s die tyd vir ’n serum en ’n goeie nagroom wat herstel. Maar beoefen matigheid – vroue gebruik eenvoudig te veel van ’n produk! Jy wend net ’n paar kolletjies room aan en dan smeer jy dit eweredig in. Dis al, so eenvoudig.

Besoek die nuwe www.littlebrownbottle.co.za en kyk in 3 maklike stappe of jóú vel te vinnig verouder.

DIE LEWENSLOOP VAN DIÉ IKONIESE KLEIN BRUIN BOTTELTJIE


1982

 Night Repair Cellular Recovery Complex

  • Unieke bifidus-ekstrak “herstel” vel
  • Son geëien as groot sondaar
  • Vroue besef velsorg beteken ook herstel



1991

 Advanced Night Repair Protective Recovery Complex

  • Hialuroonsuur bygevoeg vir ekstra vog
  • Antioksidante (vitamiene C en E) beskerm
    vel teen son en omgewing
  • Produk vir dag en nag
  • Verbeter vel se herstelvermoë met 95%



 

2002

Advanced Night Repair Eye Recovery Complex

  • Serum-jel vir sensitiewe vel om oë
  • Herstel oog-area, versorg nie net nie
  • Vir fyn lyntjies, droogheid, pofferigheid,
    donker kringe


2007

 Advanced Night Repair Concentrate Recovery Boosting Treatment

  • 21 dae, kwartaallikse behandeling
  • Vir vel blootgestel aan oormatige son, besoedeling
    en buitengewone temperature of intense dermatologiese
    prosedures soos chemiese afskilfering
  • Ideaal vir vooraf-beskerming en ná-behandeling



2009

Advanced Night Repair (ANR)
Synchronized Recovery Complex

  • Chronolux-tegnologie (sinchroniseer vir
    1ste keer vel se “clock genes”)
  • AGT-tegnologie (herstel skade weens
    rook, gifstowwe en chemikalieë)
  • Antioksidante en hialuroonsuur
    neutraliseer 90% van skadelike
    vry radikale op die vel
  • Herstelvermoë 6 keer meer ná
    sonblootstelling as vorige ANR
  • 20 patente op hierdie produk
    is tans in goedkeuringsfase

Het jy geweet?

Die wêreldberoemde en hoogs begeerlike klein bruin botteltjie van Advanced Night Repair (ANR) huisves ’n produk wat met vele eerstes kan spog:

•    Eerste herstelproduk

Die bekendstelling van Night Repair in 1982 het die nagtelike herstel-kategorie in velsorg ingelui. Die oorspronklike patent is vir $10 gekoop.

•    Eerste serum
’n Liggewig-produk soos hierdie “serum” was nie in daardie jare bekend nie.

•    Eerste om ’n bruin botteltjie te gebruik
Die bottel is ontwerp om te herinner aan outydse apteek-bottels, om die produk se ernstige velsorg-instelling te weerspieël. Die bruin glaskleur beskerm ook die bestanddele teen lig.

•    Eerste om hialuroonsuur te gebruik
Mev. Estée Lauder was ’n pionier in die gebruik van dié bestanddeel. Die Estée Lauder-handelsmerk was die eerste wat hialuroonsuur se voordele ontdek het, en was ook die enigste skoonheidsmaatskappy wat in daardie jare kon bekostig om dit aan te koop.

Nog het-jy-geweets

In een jaar het Estée Lauder wêreldwyd 1 629 199 bottels ANR serum verkoop. (Bron: Interne verkoopsdata, begrotingsjaar 2008)

Dis gelyk aan sowat:
4 464 bottels per dag
186 bottels per uur
3 bottels per minuut

Êrens ter wêreld is daar feitlik te alle tye iemand wat een van die produkte in die Advanced Night Repair-reeks koop. As verkope van Estée Lauder se Advanced Night Repair Eye Recovery Complex, Advanced Night Repair Concentrate Recovery Boosting Treatment en Advanced Night Repair Whitening Recovery Complex by die verkoopsyfer van ANR serum getel word, styg die hoeveelheid ANR-produkte wat per jaar verkoop word na 3 006 095!

Dis gelyk aan sowat:
8 236 bottels per dag
343 bottels per uur
5,7 bottels elke minuut!

* Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex is van 13 Julie in Edgars-takke beskikbaar, en van 20 Julie landwyd, teen R435 (30 ml) en R575 (50 ml).

  • Loraine snyman

    Ek is n 56jarige vrou wat nou puisies kry , dit sit soos n doorn vir maande sukkel ek on ontsla te raak van dit. Het u raad vir my.hou baie van Estee se produkte maar ny vel bly die selfde. Groete Loraine

  • Heila

    Ek gebruik Estee Lauder soos ek my Bybel lees – baie jare al, elke dag getrou! Van die vrouens vra wanneer of waar het ek gegaan vir n ‘face-lift’ – ek het nog nooit een gehad nie en met Estee lauder se Night Repair,ens het ek dit beslis nie nodig nie. (hulle hoef seker nie my geheim te weet nie?!)

  • Lorette Terry

    Die vraag is – kan ek met my baie sensitiewe wel wat neig om ekseem te kry dit ook gebruik, want die fyn lyntjies en fronslyne word nou duidelik.

  • Maryke van SARIE

    Hi Lorette

    Estée Lauder het laat weet dat jy dalk net ‘n klein bietjie op jou sensitiewe vel moet toets. Maak sommer ‘n draai by een van hul toonbanke en verduidelik jou situasie. Omdat jy geneig is tot ekseem, mag jou vel dalk bietjie tintel. Die produk behoort juis goed te werk vir ‘n sensitiewe vel. Laat weet asb hoe dit gegaan het.

  • ggbisycn

    QlyhSm cxsgsvejdmmq, [url=http://wkbcpmhcdnvt.com/]wkbcpmhcdnvt[/url], [link=http://wzmrowqkthuq.com/]wzmrowqkthuq[/link], http://bgqomwnfchxi.com/

  • MayoMonica

    I received my first personal loans when I was 20 and that helped my business very much. But, I need the financial loan over again.