Skoonheidstories

Feestelik mooi

80’s-inspirasie

“In die 80’s was dit mode om een kleur oor jou hele gesig te gebruik en dis nou weer oral te sien  – net ’n bietjie meer subtiel,” sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe. “Kry inspirasie uit jou natuurlike lipkleur en gebruik ’n blosser wat daarby pas om jou wange en oë definisie te gee. Moenie aan hierdie perske of pienk dink as ’n oogskadu nie, maar liewer ’n kleur wat jou oogbanke beklemtoon en definisie en kleur aan jou vel gee.Gebruik ’n romerige, natuurlike lipkleur.”

Glad en vlekkeloos

Hoe egaliger die voorkoms van jou vel, hoe mooier lyk jou grimering. ’n Kwart van alle SA vroue sukkel met pigmentasie. Clinique Even Better Skin Tone Correcting Moisturizer SPF 20 (R520) kom tot jou redding terwyl dit bevog en helderheid verbeter. Nuwe tegnologie verskaf beskerming teen UVA- sowel as UVB-strale – die hoofsondaars wat pigmentasie betref.

Nuwe voorkoms, nuwe geur:
Dolce & Gabbana se Rose The One (R585 vir 30 ml EDP) is vol vars blomnote soos lelie en  pinksterroos.

Gee kleur aan jou gesig met M.A.C Eye Shadow in Dear Cupcake (R145, links). Wange lewe met Elizabeth Arden
Ceramide Cream Blush in Nectar (R175).
Egalig en pragtig met Clinique Even Better
Skin Tone Correcting
Moisturizer SPF 20 (R520).
Subtiel maar sexy: Dior Sérum de Rouge  Luminous Color Lip Treatment in
Nude Serum (R385).
Probeer Revlon
Matte Lipstick in
Fabulous Fig (R95) vir woema-lippe
Foutlose vel met M.A.C Studio
Sculpt Foundation SPF 15 (R260).
Gee jou lippe glimmer met Chanel
Levres Scintillantes in Silex (R280).
Verhelder jou gelaat met Givenchy se Le Prismissime
Visage Mat & Glow in Light
Silk (R520).


Satyn-lippe en ’n vel wat gloei

Sterk bessie- en selfs sitrus-lippe is groot nuus hierdie somer,” sê Liz. “Die tekstuur is satyn. Dis nie heeltemal ’n lipglans nie, net ’n bietjie klamheid op die lippe – byna asof jy hulle afgelek het en reg is vir ’n soen!“Die kollig val steeds op ’n gesonde vel, een wat gloei. Skep hierdie voorkoms met onderlaag oor jou hele gesig en poeier slegs oor die middel van jou gesig: jou ken, neus en die middel van jou voorkop. Dit hou die dele waar jy die meeste sweet mat, terwyl die res van jou gesig natuurlik kan gloei.”

 

Kry alles in een met Yardley Spoil Me (R99,95) se kleurpalet vir oë, Kleur vir jou pruilmond met Estée Lauder Double Wear Stay-in-Place Lipstick in Stay Pinkberry (R235). Vir ’n sagte kat-oog, kies Lancôme Ombre Absolue Palette in Intemporel Smoky (R420).

 

Hou vel glad met L’Oréal RevitaLift
Day Cream Anti-Wrinkle + Firming
(R175).

Sexy oë en ’n pruilmond

  “Verleng jou oë met ’n subtiele katoog,” sê Liz. “Jy kan die oog na buite definieer met grys oogskadu,  terwyl ’n bietjie silwer oogskadu in die binneste hoeke van jou oë varsheid gee. Poeier bo-oor jou bessiepienk lipstiffie (net in die hoeke van jou mond) skep die idee van ’n pruilmond en plaas die klem op die volste deel van jou lippe.”

Hoe kom ek uit my grimeer-groef?

Toe vroue in ’n oorsese fokusgroep gevra is om ’n alter ego te kies, was die burleske danseres  Dita von Teese hul eerste keuse. Die studie (deur die oorsese grimeerhuis Illamasqua) het ook gevind die meeste vroue wil graag meer waaghalsig met hul voorkoms wees. Lewensafrigter  : Kate Emmerson van Kaapstad vertel hoe

1  Dink jy dis nodig dat vroue hul voorkoms verander omdat hulle sekere dele van hul persoonlikheid onderdruk?

Ek dink ’n vrou wil graag soms ’n ander deel van haarself na vore bring.Om jou voorkoms te vernuwe is bevrydend, maar die begeerte moet van binne kom om seker te maak jy gaan dit met selfvertroue kan dra.
 
2
Hoe kan jou grimering help dat ander mense die ware jy raaksien?
Ons word 5 sekondes gegee om daardie eerste indruk te maak, so dit moet die regte een wees.Wanneer jou voorkoms strook met jou waardes en ware self, kan niks jou keer nie. Al klink dit oppervlakkig, is dit nodig om die sirkel te voltooi: Elke faset van jou dra iets oor wat uiteindelik deel uitmaak van wie jy is. Dis hoekom jou persoonlike handelsmerk so belangrik is – dat jy seker maak jy deel die “regte jy”met ander mense.

3 Watter voordele het eksperimenteer met ’n nuwe voorkoms – veral iets anders as wat mense  gewoonlik van jou sien?
Hoewel dit belangrik is om binne sekere grense te eksperimenteer, veral in die korporatiewe wêreld, wil jy ook jou individualiteit en spontaneïteit uitdruk. Kostuumpartytjies kan ’n goeie manier wees om uit jou gemaksone te breek, of probeer een keer per week ’n nuwe voorkoms sodat jy self en ander daaraan gewoond kan raak. Ek dink ons skep dikwels ons eie groef omdat ons bang is vir wat ander sal sê. Dit gaan oor positiwiteit en om bereid te wees om jouself en ander te verras.

Charlie Mega Watt Lashes in Black (R95). Yves Saint Laurent Singulier Exaggerated Lashing Dramatic Styling in Jet Black
(R343).

M.A.C Wave of A Wand Sweep and
Define Brushes (R440)

Hoekom is dit nodig om jou voorkoms elke seisoen aan te pas?

“Ons ken almal so iemand: Daardie vrou wat al vir 20 jaar blou oogskadu dra! Dis nodig om bewus te wees van die nuutste tendense, maar steeds te weet wat by jou pas en dit jou eie te maak,” sê hy.

Wat is die jongste tendense?

Die fokus is op die vel: ’n romerige afwerking wat met mineraal-onderlae en poeiers verkry word. Hope pienke en rooie, van diep karmosynrooi tot oranjerooi. Lippe is ook nie te glansend nie – liewer romerig, ondeurskynend en mat.

Oë kry hope maskara en wenkbroue word minder sigbaar gemaak met onderlae en poeiers om die fokus op die vel te hou.

Wangbene kry ekstra definisie met koel bruingrys kleure, wat kontoere skep om die vorm van jou gesig te beklemtoon.