Skoonheidstories

Gebruik jy die regte blosser vir jou gelaat?

Elke vrou behoort blosser in haar grimeersakkie te hê. Met net ’n tikkie blos op jou wange lyk jou vel opnuut vars en jonk. Maar dis belangrik om die regte formule en skakering vir jou gelaat te kry – dít kan die verskil maak tussen ’n foutlose blos wat heeldag hou teenoor blos wat streperig en onnatuurlik lyk.

Volg ons wenke en kies jou perfekte blosformule en -skakering …

Kies jou formule

Poeier

Dit gee kleur aan jou wange en jy kan dit gebruik om definisie te skep deur bv. jou wange of kakebeen sterker te laat lyk. Dit het ’n mat-afwerking.

Beste vir: Dit werk goed vir alle veltipes, maar veral vir ’n vel wat geneig is tot olierigheid.

Doen dit so: Skakeer dit in opwaartse sirkelbewegings met ’n blosserborsel op die appel van jou wange vir ’n jong voorkoms of onder jou wangbene vir ’n meer gedefinieerde voorkoms.

Room

Dit gee meer kleur, skep ’n douerige afwerking en jy hoef baie min daarvan te gebruik.

Beste vir: ’n Droë vel sal baat vind by ’n roomblosser. Dis ook ideaal wanneer jy reis omdat jy nie ekstra grimeerborsels hoef in te pak nie.

Doen dit so: Tik dit liggies in sirkelbewegings aan met jou voor- en middelvinger op die appel van jou wange. Skakeer dit met ’n grimeersponsie. Vermy ’n blosserborsel omdat die kleur te swaar gaan wees.

Vloeibare tint

Vloeibare blossers gee jou vel ’n subtiele rosige gloed wat natuurlik lyk en heeldag hou. Die belangrikste is om die formule so vinnig moontlik in jou vel in te skakeer, anders word dit streperig droog.

Beste vir: Subtiele, rosige kleur wat lank op jou vel hou.

Doen dit so: Wend drie kolletjies op elke wang aan en skakeer met jou vingers.

Kies ’n skakering wat pas

As jou vel ’n koel ondertoon het … Jou gelaat is lig en jou wange word maklik pienk wanneer jy bloos: Kies ’n skakering met ’n goue of ligbruin ondertoon. Dit sal jou vel warmer laat lyk.

AdobeAs jou vel ’n warm ondertoon het … Jou vel lyk gelerig en jy brand bruin in die son eerder as rooi: Kies ’n pienk skakering. ’n Blosser met ’n warm ondertoon soos bruin of goud sal jou vel te geel laat lyk.

Dusty pinkSteeds onseker? Kies ’n bruinpienk skakering. Dit pas by die meeste vroue.

TulipWat van koraalkleurige blosser? Dit werk die beste by ’n jonger vel. As jy lipstiffie daarby dra, sorg dat dit ook ’n koraalkleur is.

Sherbert

Probeer dié blossers

Clinique Cheek Pop in Ginger Pop (R350)

Max Factor Creme Puff Blush in Nude Mauve (R130)

Maybelline Master Blush in Peach Pop (R100)

Smashbox L.A. Lights Blendable Lip & Cheek Color in Fairfax Fuchsia (R320)

Bobbi Brown Pot Rouge for Lips & Cheeks in Pale Pink (R415)

Benefit Benetint (R435)

Yves Saint Laurent Baby Doll Kiss & Blush in Rose Frivole (R590). By die YSL Beauté Boutique in Sandton City, Johannesburg

Lees nou

Wat jy moet weet as jy op die pil is

Blinkers vir jou kroon. Ons wys jou hoe