FOTO: Nioxin

FOTO: Nioxin

Skoonheidstories

Gee só nuwe lewe aan winterhare

Tydens die strawwe wintermaande is ons geneig om ons hare die meeste af te skeep. Die luukse haarsorghandelsnaam Glampalm Hair deel hier hul top-4 wenke om jou winterhare weer springlewendig vir die lente te kry.

1. ’n Vinnige besoek aan die haarsalon bly die beste kuur vir gesplete haarpunte. As jy jou haarlengte wil behou, hoef jy net ongeveer 1,5 cm van die punte af te sny om jou hare weer gesond te laat lyk.

2. Gebruik minstens twee keer ’n week ’n haaropknapper. Om hare ’n ekstra voginspuiting te gee kan jy, nadat jy jou haaropknapper aangesit het, jou hare vir 15 minute in kleefplastiek toedraai. Dit sal verseker dat die opknapper jou haarfollikels diep bevogtig, wat sal sorg vir ekstra glans.

Probeer die ‘omgekeerde haarwas’-neiging vir meer volume

3. Wees kieskeurig met haarysters en krultange. Kies ook eerder stileerders met keramiekysters omdat dié ysters hitte beter versprei en so keer dat jou hare oneweredig met hitte beskadig word.

4. As jou idees vir winterhaarstyle opraak, is ’n haarbykomstigheid altyd ’n wenner. Kies tussen haarbande en serpe, stylvolle hoede en mussies, speelse haarknippies of boheemse blombykomstighede. Daar is iets vir elke geleentheid!

Kyk na dié bekendes vir haarbykomstigheid-inspirasie.

4 Haarstyle wat groot is dié winter!