FOTO: Instagram (@bobbibrown)

FOTO: Instagram (@bobbibrown)

Skoonheidstories

Grimeer só as jy ’n bril dra

Diegene wat gereeld ’n bril dra, weet dat dit soms ’n uitdaging is om soggens jou gesig foutloos te grimeer. Omdat jou bril die aandag op jou oë fokus, wil jy hê jou oë moet vars lyk en nie agter jou bril verdwyn nie. Tog kan te veel ooggrimering aangeplak, onnet en gesmeer lyk, en selfs fyn lyntjies, plooie en donker kringe erger laat voorkom.

Ons het raad! Volg dié top-wenke vir oë wat sprankel agter jou bril…

Taylor Swift kap vir Kanye West

Makeup and Glasses @harpersbazaarusme #eyeshadow #brows #eyeliner #longwear #bobbibrowneyewear

A photo posted by Bobbi Brown Cosmetics (@bobbibrown) on

Verbloem rondom jou oë

* Brillense is geneig om donker kringe en fyn lyntjies onder jou oë te beklemtoon. Gedurende die dag kan die skaduwee van jou brilraam en -lense ook donker areas rondom jou oë skep wat dit moeg en geswel kan laat voorkom. Wend daarom altyd verbloemer met ’n perske of geel ondertoon onder jou oë aan om dié donkerblou-en-perskleurige skaduwees te verbloem.

Probeer: Estée Lauder Double Wear Stay-In-Place Flawless Wear Concealer SPF 10 in Light (R330) of Bobbi Brown Creamy Concealer Kit (R400)

Kies neutrale oogskadu-skakerings

* As jy ’n bril dra, gebruik eerder ligter en meer neutrale oogskadu-skakerings op jou oë omdat helder skakerings met ’n koue blou ondertoon die donker skaduwees rondom jou oë nog meer kan laat uitstaan.

* As jy daarvan hou om helder oogskadu-skakerings te dra, kies dan skakerings met warmer ondertone soos groen en geel en maak seker die skakering is helderder as die kleur van jou brilraam. Só sal jou oë nie agter jou bril “verdwyn” nie.

* Om jou oë groter te laat lyk, wend ’n ligte, glansende oogskadu-skakering in die binnehoeke van jou oë aan.

Probeer: Smashbox Full Exposure Palette (R995)

Maak oogomlyner jou beste pêl

FOTO: Instagram (@bobbibrown)

FOTO: Instagram (@bobbibrown)

* As jy gereeld ’n bril dra, is oogomlyner jou staatmaker-produk, sê die bekende grimeerkunstenaar Bobbi Brown in haar boek Everything Eyes. Dit gee treffende definisie aan jou oë en laat dit uitstaan agter jou bril.

* Dis ook ’n slim plan om die dikte van jou oogomlyner by die styl van jou bril te laat pas. As jou bril ’n dikker raam het, kan jy jou oogomlyner ook dikker aanwend. Dit keer dat die styl van jou bril jou oë oorheers.

* Wend oogomlyner altyd net op jou boonste wimperlyn aan, en ook eerder minder as meer, om te keer dat jou oë te donker lyk agter jou brillense. As jy jou onderste wimperlyn ook wil omlyn, gebruik ’n nude of wit oogomlyner.

Probeer: Bourjois Liner Stylo Precision Eyeliner in Brown (R115, by Clicks) of Maybelline Colossal Kajal Eyeliner in Black (R45)

Keer ’n ‘boring’ bob met dié idees

Wees slim met maskara

* Die geheim tot treffende wimpers wanneer jy ’n bril dra, is om elke wimperhaartjie afsonderlik definisie en dikte te gee. Kyk uit vir ’n maskara-formule met “definition” op die verpakking. Dit sal ook help om vooraf ’n maskara-basislaag (primer) te gebruik om jou wimpers te kam en klonterigheid te voorkom.

* Gebruik altyd ’n waterbestande maskara-formule om te keer dat jou maskara agter jou brillense smeer.

Probeer: REVLON Dramatic Definition Waterproof Mascara in Blackest Black (R150) of Clinique Lash Building Primer (R230)

Vul jou wenkbroue in

FOTO: Instagram (@bobbibrown)

FOTO: Instagram (@bobbibrown)

* Vul altyd jou wenkbroue in om te voorkom dat jou bril jou gesig oorheers.

Probeer: Eylure Brow Crayon in No 10 Dark Brown (R95, by Dis-Chem) of Elizabeth Arden Beautiful Color Natural Eye Brow Pencil in Natural Beige (R200)

Hou res van grimering eenvoudig

* Omdat ’n bril die aandag na jou oë trek, kan jy die res van jou grimering eenvoudig, subtiel en neutraal hou.

* Wend ’n onderlaag aan wat geformuleer is om lank te hou en daarna ’n deursigtige gesigpoeier om te voorkom dat die onderlaag, verbloemer en grimering onder jou brilraam en -lense smeer (smudge).

Probeer: L’Oréal Paris Infallible 24H Stay Fresh Foundation (R185) of Clarins Ever Matte Mineral Powder Compact in Transparent Opal (R455)

Fabulous four-eyes. See more of what Bobbi’s up to on the blog #everythingbobbi #foureyes

A photo posted by Bobbi Brown Cosmetics (@bobbibrown) on

Bronne: Everything Eyes deur Bobbi Brown, L’Oreal, BuzzFeed

Kim Kardashian alweer blond!