Skoonheidstories

Grimeer só as jy bo 50 is

Hoe hou jy jou vel mooi en jeugdig in jou “warm” jare en daarna? Dalk het jy vasgehaak by ’n grimeervoorkoms of -tegniek wat gewerk het toe jy jonger was. Maar hoe ouer jy word, hoe eenvoudiger is die reël: Minder is mooier.

Volg dié slim grimeerwenke:

#1 Bly weg van poeier

My een onverbiddelike reël is: Bly weg van poeier. Daar is niks wat jou vel so gou afgemat, dof en oud laat lyk soos ’n dik laag gesigpoeier nie. Soos jy ouer word, raak jou vel in elk geval droog en meer mat, en jy het nie nodig om olie met poeier te klad nie. Gebruik eerder ’n basislaag (primer) met ’n mat-afwerking onder jou onderlaag as jy wil keer dat jou gesig blink.

Working girl. Ready for the weekend!

A post shared by Cindy Crawford (@cindycrawford) on

#2 Kies room-formules

Skakel ook oor na room-oogskadu pleks van poeier-oogskadu, wat baie onvleiend lyk op kreukelrige ooglede. Ditto met blosser – ’n room- of jel-blosser lyk natuurliker en laat jou gelaat stralend vertoon. Bly ver weg van enigiets wat sê “shimmer”, “glitter” of “frosted”. ’n Bietjie glans of ’n sagte glimmer onder die wenkbrou is goed, maar ná 40 moet jy die blink skadu’s en blosser laat links lê.

#3 Kleur jou gesig

Jou vel, hare (ook wimpers en wenkbroue!) en lippe verloor kleur met die jare – dit is daarom belangrik om jou gelaatstrekke met die slim gebruik van kleur te beklemtoon. Laat tint jou wimpers en wenkbroue en gebruik swart maskara en donker oogomlyner om jou oë ten beste te beklemtoon.

Getting ready for my closeup

A post shared by Elizabeth Hurley (@elizabethhurley1) on

#4 Verleidelike lippe

Gebruik ’n kleurryke koraalpienk of rooi lipstiffie om ’n vaal, bleek mond lewe te gee, en moet nooit ’n lipomlyner donkerder as jou lipstiffiekleur gebruik nie. ’n Natuurlike bruin-pienk omlyner laat jou lippe voller en pragtig afgerond lyk en keer dat lipstiffie in die klein plooitjies om die lippe “bloei”.

Cream formula, glow finish (pictured here: Cheek Glow Palette in Bare Cream & Desert Rose)

A post shared by Bobbi Brown Cosmetics (@bobbibrown) on

#5 Besoek ’n grimeertoonbank

Kyk gerus na die slim wenke wat die grimeerkunstenaar Bobbi Brown gee in haar boek Living Beauty (Grand Central Life & Style). As jou grimeertegniek dalk in ’n sekere era “gestol” het, oorweeg dit om ’n Bobbi Brown-toonbank te besoek vir ’n gratis demonstrasie om jou voorkoms modern en vleiend op te kikker.

#6 Lekker leesstof

Die grootste vonds waarop ek onlangs afgekom het, is die gewese Amerikaanse Vogue-skoonheidsredakteur Andrea Robinson se boek Toss the Gloss: Beauty Tips, Tricks & Truths for Women 50+ (Da Capo Books). Haar wenke is eenvoudig onoortreflik. Dis permanent op my lessenaar.

Thank you Mexico! Gracias México! #howtobealatinlover #mexico

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Probeer dié produkte:

Estée Lauder The Mattifier Shine Control Perfecting Primer + Finisher (R395)

Bobbi Brown Long Wear Cream Shadow (R405)

Clarins Multi-Blush (R345)

Revlon Dramatic Definition Mascara (R160)

Elizabeth Arden Beautiful Color Bold Defining Liquid Lipstick in Fearless Red (R295)

* Elsa Krüger is ’n skoonheidsjoernalis en stigter van die blog Mooipraatjies.

Lees nou

Rolene nou weer ’n donkerkop!

Hollywood-aktrise se ongewone 90’s-haarsnit