MOOD GS grimering skoonheid Girl Applying Red Lip Gloss To Her Lips
Skoonheidstories

Grimeer vir werk met nét 3 produkte

Dis die eerste skooldag van die jaar! En noudat die kinders terug is by die skool, is die werkjaar ook weer vir baie in volle swang. Die SARIE-span weet almal van ons het nie altyd tyd om in die oggend ure voor die spieël te staan en grimeer nie. Daarom deel ons hiér vyf maklike grimeervoorkomste vir elke dag wat jou minder as 10 minute sal neem. En die beste van als? Jy het nét drie produkte vir elke voorkoms nodig.

Wenke vir die eerste skooldag

Douerig

Onderlaag met ’n stralende afwerking + roomblosser + maskara

130216_FaceChart_douerigAs jy van ’n stralende vel hou, kies ’n onderlaag met ’n veerligte tekstuur wat jou vel minimaal bedek sodat dit natuurlik lyk. Wend ’n romerige blosser aan vir ’n gesonde gloed en rond jou voorkoms af met maskara wat definisie skep. Dié voorkoms is veelsydig en is gepas vir enige situasie.

douerig

  • Estée Lauder Double Wear All-Day Glow BB Moisture Makeup SPF 30 (R480)
  • Clinique Chubby Stick Cheek Colour Balm in Roly Poly Rosy (R280)
  • Bourjois Volume Glamour Effet Push Up Mascara Waterproof in Ultra Black (R135). By Clicks

Natuurlik

Verbloemer + nude oogskadu + ligte lipglans

130216_FaceChart_natuurlikVir ’n natuurlike en moeitelose voorkoms, wend verbloemer onder jou oë aan om jou oë vars en wakker te laat lyk. Wend dan oogskadu in ’n ligte nude skakering oor jou hele ooglid aan. ’n Tikkie lipglans in ’n helderpienk skakering fokus die aandag op jou lippe.

natuurlik

  • Bobbi Brown Creamy Concealer Kit (R400)
  • M.A.C Eye Shadow in Naked Lunch (R195)
  • Rimmel Oh My Gloss! Lip Gloss in Keep A Secret (R75)

Grappies, glipse en goeie oomblikke by die Golden Globes

Gedefinieerd

Poeieronderlaag met ’n mat-afwerking + treffende wenkbroue + rooi lippe

130216_FaceChart_gedefinieerdSkep ’n sterk gedefinieerde voorkoms deur jou wenkbroue en lippe die fokuspunt van jou voorkoms te maak. Kam jou wenkbroue en vul elkeen liggies in met ’n wenkbrou-potlood. Wend ’n poeieronderlaag met ’n mat-afwerking aan om ’n foutlose gelaat te skep wat in alle weersomstandighede sal hou. Nou is nog net ’n helderrooi lipstiffie nodig.

definisie

  • Smashbox Photo Filter Creamy Powder Foundation (R425)
  • Elizabeth Arden Beautiful Color Natural Eye Brow Pencil in Brownette (R200)
  • Clarins Joli Rouge Moisturizing Long-Wearing Lipstick in Joli Rouge (R300)

Somerpastelle

Roomerige oogskadu + ligte tint vir wange en lippe + maskara

130216_FaceChart_pastelLyk vars en vrolik met pastelskakerings. Wend ’n romerige oogskadu oor jou hele ooglid aan en skakeer dit goed in sodat dit byna deursigtig lyk. Wend ’n ligte tint aan jou wange en lippe en eindig met net een lagie maskara op jou wimpers.

pastel

  • Max Factor Excess Shimmer Eye Shadows in Pink Opal (R130, by Clicks)
  • Benefit Posietint Cheek & Lip Stain (R385). By Edgars
  • Maybelline Lash Sensational Lash Multiplying Mascara (R145)

Speelse katoog

Gekleurde oogomlyner + maskara + lipglans

130216_FaceChart_katoogGekleurde oogomlyners is tans baie gewild. As jy lus is vir ’n bietjie kleur en pret, skep ’n katoog-voorkoms met ’n gekleurde oogomlyner. Trek ’n lyntjie op jou boonste wimperlyn tot by die buitehoek van jou oog. Kyk vir jouself in die spieël en maak ’n kolletjie waar jy wil hê die “vlerkie” moet eindig. Trek dan die oogomlyner vanaf die buitehoek van jou oog tot by die kolletjie. Hou die res van jou voorkoms subtiel met net ’n paar lae maskara en ’n glansende ligpienk of nude lipstiffie.

katoog

  • Inglot Colour Play Eyeliner in 203 (R199). By Edgars
  • Avon Big & False Lash Volume Mascara (R140). Skakel 0860 102 345
  • Revlon Ultra HD Lipstick in HD Rose (R145)

Alle illustrasies: Maresa Pretorius

28 mode-oomblikke wat jou dag opkikker